Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Lisie Basson se nuwe enkelsnit ‘Dis Jou Oë’ steel harte met opregte klank

Redaksiespan4 April 2025
FOTO: Amike Oosthuizen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Eers het sy ons koppe laat skud, toe het sy ons na die dansvloer gelok, en nou gryp ons na ons cowboyhoed en stewels! Lisie Basson, bekend vir haar deelname aan die tweede seisoen van Die Kontrak, het pas haar splinternuwe enkelsnit, “Dis Jou Oë”, uitgereik.

“‘Dis Jou Oë’ is baie naby aan my hart. Ek het dit self geskryf en dit het vir ’n rukkie in my laai gelê voordat ek uiteindelik besluit het om dit daar buite te sit,” deel Lisie oor die betekenisvolle Afrikaanse folk-countryliedjie. “Die musiekbedryf fokus tans sterk op kuier- en dansmusiek, en daarom het ek aanvanklik gewag vir ‘die regte tyd’ om hierdie liedjie uit te reik. Maar toe besef ek: daar is nooit ’n regte tyd nie – ek moet net soveel musiek as moontlik uitbring om my eie brand te bou.”

Die liedjie dra ’n diep persoonlike boodskap: “Dit gaan oor die dinge waarvoor jy lief is en wat vir jou uitstaan in die mense vir wie jy lief is.”

Met hierdie liedjie skep Lisie nie net ’n unieke musikale ervaring nie, maar sy sien dit ook as ’n nuwe rigting vir haar klank. “Vir my beteken dit ’n nuwe begin in die tipe musiek wat ek wil vrystel. Ek wil my eie klank vind en nie net probeer klink soos wat op die top-trefferlyste is nie. As ’n kunstenaar moet jy uniek wees, anders gaan jy nooit jou eie stem ontdek nie.”

Lisie hoop dat “Dis Jou Oë” ’n spesiale plek in luisteraars se harte sal vind. “Ek is baie trots op hierdie liedjie en ek hoop dit word vir ander net so spesiaal soos wat dit vir my is. Dis ’n ligte, lekker liedjie en ek hoop mense wil dit net oor en oor hoor!”

Saam met die enkelsnit word ook ’n pragtige musiekvideo vrygestel, verfilm op die prentjiemooi Lourensford-wynlandgoed in Somerset-Wes. “Dis een van die mooiste plekke in die wêreld met die ongelooflikste natuurskoon,” vertel Lisie. “Ek wou ’n video maak wat vir my gelukkig voel, en Lourensford is definitief ’n plek waar ek op my gelukkigste is.”

Die video is geskiet deur Elias, terwyl Georic Lomas, wat betrokke is by Coleske, alles help reël het. “Hy het my regdeur die proses bygestaan soos altyd, en ek is baie dankbaar daarvoor,” voeg Lisie by.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.