Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Gerhard Steyn kry die naweek aan die gang met ‘Naweek My Nou’

Redaksiespan4 April 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Gerhard Steyn, die geliefde sanger agter treffers soos “Baby Tjoklits” en “Afrikaanse Meisies”, is terug met ’n splinternuwe kuierliedjie, “Naweek My Nou”. Wat dié liedjie nog meer spesiaal maak, is dat die bekende kletsrymer, Loufi, ook op die snit te hoor is.

“Ek dink die ‘my nou’ gesegde is iets wat die afgelope paar jaar groot geword het. As iemand lus is vir ’n burger, sê hulle ‘burger my nou’. Ons het dit ook baie in ons TV-program Konings van Kitskos gebruik – soos ‘pizza my nou’,” verduidelik Gerhard. Hierdie energieke snit beloof om klankgolwe oor die hele land te oorheers en luisteraars in die regte bui vir die naweek te sit.

“Ons almal werk hard en meeste mense het ’n passie vir wat hulle doen. Maar ná ’n lang week kort ons almal net ’n blaaskans. Die lirieke van die liedjie sê dit ook perfek: ‘vat ’n blaaskans, bel jou vriende want ons almal verdien dit,’” sê Gerhard.

“Naweek My Nou” is ’n popliedjie met ’n elektro ondertoon, geskryf deur Gerhard self. Hy erken dat die liedjie aanvanklik uit twee ander konsepte ontwikkel het voordat dit sy finale vorm aangeneem het. “Die inspirasie kom uit my eie lewe – ek en my vrou is besig deur die week met die kinders, sport en werk. Ná so ’n week wil mens net ’n naweek hê!”

Gerhard hoop dat die liedjie as ’n kreet vir die naweek bekend sal staan. “Ek wil hê dat mense dit Maandag al speel en reg sal wees vir Vrydag. Ek het dit al by drie van my vertonings gesing, en die gehoor se reaksie is ongelooflik. Dit is aansteeklik – my vriende sê hierdie liedjie kry hulle reg vir die naweek.”

Saam met die liedjie word daar ook ’n musiekvideo vrygestel wat presies wys hoe aansteeklik die liedjie is. “Die storie begin in ’n ouetehuis waar mense rustig brei en bordspeletjies speel. Dan hoor ’n ou oom die liedjie op die radio en skielik begin hy dans en kuier,” vertel Gerhard laggend.

Die musiekvideo is vervaardig deur Leon Barnard en geniet ook die ondersteuning van Boerboel Wear, bekend vir hul humoristiese benadering tot mode-advertensies. Die klerereeks, wat veral gewild is vir hul kakiklere vir mans en dames, het hul gewig agter die projek gegooi en voeg ’n ekstra vonk tot die produksie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.