Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Shan Read lig die gordyn; stel debuutenkelsnit ‘Spreek Jou Vry’ bekend

Redaksiespan28 Maart 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Afrikaanse musiekbedryf verwelkom ’n nuwe stem met ’n diep storie. Shan Read, ’n gesoute kitaarspeler, liedjieskrywer en klanktegnikus, tree uiteindelik uit die agtergrond met sy debuutenkelsnit, “Spreek Jou Vry”.

Die liedjie, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is, gaan gepaard met ’n kragtige musiekvideo.

Shan, wat sy musiekreis op 13-jarige ouderdom begin het, het jare lank saam met van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf gewerk, insluitend Theuns Jordaan, Ricus Nel, Ampie, Liezel Pieters en Franja du Plessis. Na sewe jaar as Ricus Nel se akoestiese kitaarspeler en ’n loopbaan agter die skerms by Afrikaans is Groot, Innibos, Krone, Noot vir Noot en meer, het hy besluit om sy eie storie te vertel – en dit begin met “Spreek Jou Vry”. Shan het ook baie nou saam met Theuns Jordaan gewerk. Na Theuns se afsterwe het Shan ’n spesiale nalatenskap geërf—al Theuns se musiekinstrumente en ateljeetoerusting.

Die liedjie dra ’n persoonlike en universele boodskap oor selfvergifnis en bevryding van die verlede. “Ek het al baie foute gemaak en was nooit bang om kanse te vat nie. Maar ek het besef dat Jesus ons reeds vergewe het – ons moet leer om onsself ook vry te spreek,” sê Shan oor die inspirasie agter die lirieke.

Shan se musiekvideo vir “Spreek Jou Vry” beloof om sy emosionele reis in die ateljee vas te vang en visueel die kernboodskap van die liedjie te versterk. Met ’n ryk geskiedenis in die musiekbedryf en ’n storie wat beide rou en inspirerend is, is Shan Read gereed om sy merk te maak as ’n solo-kunstenaar.

Kyk die musiekvideo hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.