Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Herleef Afrikaans is Groot 2024 op die kassie, stroomdienste

Redaksiespan6 Maart 2025
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Van die openingsnote totdat die laaste note wegsterf, is konsertgangers van die immergewilde Afrikaans is Groot-konserte meegevoer na ’n wonderwêreld van Afrikaanse musiek. In 2024 was dit geen uitsondering nie!

Met die slaan van dromme in die openingsnommer kon mens die energie voel soos dit die SunBet Arena, die tuiste van Afrikaans is Groot vir die afgelope sewe jaar, deurboor. Corlea het die dak gelig met haar kenmerkende hoë note en die arena was verstom. Die nommer is opgevolg met ’n kyk-in-die-oë-groet: “Die Afrikaner Maak So”, want Afrikaanse mense kyk mekaar stip in die oë en skud blad – of hoe?

Die verrassingselemente van die aand het vroeg afgeskop toe Eloff met sy treffer “Vlerke” die gehoor se aandag gegryp het – terwyl hy soos ’n wafferse superman in die lug gehang het en flitsende blouligte die verhoog verlig het. Demi Lee Moore het een van haar grootste treffers van die jaar, “Hart Breek”, in ’n pragtige rooinommer deur Lizan Zondag Couture gesing, en Brendan Peyper het fiets en al die arena binnegekom vir “Madelein”.

Verskeie gunstelingkunstenaars het die verhoog betree, waaronder: Dodo Nyoka met “Country Girl van Bloem”, Riana Nel met “Maak Oop Jou Oë”, Jay du Plessis met Eden se nostalgiese “Lyf Teen Lyf”,  Die Piesangskille met “Diepseeduiker 17”, Ruhan du Toit met “Kan ’n Man”, Appel met “Heito Potato” en Riaan Benadé met sy kragtige “Stoom”.

’n Spesiale oomblik het aangebreek toe Corlea haar sielvolle weergawe van Karen Zoid se “Deurmekaar” gesing het.

Francois van Coke het met ’n verrassende weergawe van Fokofpolisiekar se “Komma” die skare aan die gons gehad en dit onmiddellik opgevolg met die vurige duet “Dagdrome in Suburbia” saam met Dodo Nyoka – en ja, die vlamme was letterlik oral op die verhoog!

Chris Steyn het in styl die arena binnegekom op sy plaastrekker vir “Plaas Dorp Toe”, terwyl Bok van Blerk die harte warm laat klop het met “Ik Ben Een Afrikander”. Demi Lee Moore en haar vriende het nostalgie na die verhoog gebring met ’n keurspel van treffers soos “Sproetjies”, “Blou”, “Lisa Se Klavier” en “By Jou”.

Een van die grootste verrassings van die aand was ’n spesiale duet “Ken Jy Die Land” tussen Riaan Benadé en sy pa, Franna Benadé, saam met Jay du Plessis, Bok van Blerk, Dodo Nyoka, Ricus Nel en Ruhan du Toit. Hierdie magtige samekoms is opgevolg met die hele Afrikaans is Groot 2024-ensemble se uitvoering van Joe Niemand se inspirerende “Ek Sal Nie Bang Wees Nie”.

En nes jy dink Afrikaans is Groot kan nie groter raak nie, verras Ricus Nel met “Kalahari Ferrari”, terwyl Early B skielik oor die verhoog ingevlieg kom in ’n helikopter! Hy het konsertgangers bederf met ’n keurspel van treffers, insluitend “Ses Jagers”, “Potte” en “Ben 10”.

Die konsert is op ’n hoogtepunt afgesluit met Appel se “Klomp Keer Lekker”, gevolg deur ’n energieke keurspel van die kunstenaars se grootste treffers van 2024.

  • Afrikaans is Groot 2024 is moontlik gemaak deur Virseker, in samewerking met Laeveld Agrochem, Lift, Belgravia Gin, Buffelsfontein Brandewyn, City Lodge Hotels, World Leisure Holidays, Jackpot City en SunBet Arena.
  • Die volledige konsert word op Saterdag, 8 Maart om 20:00 eksklusief op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit sal ook op Catch Up beskikbaar wees.
  • Die Afrikaans is Groot 2024-konsertalbum is nou beskikbaar op alle stroomdienste.
  • Kaartjies vir die 2025-konsertreeks is vanaf Dinsdag, 25 Maart om 10:00 slegs op iTickets beskikbaar. Die konserte is geskeduleer vir 7, 8, 9, 14, 15 en 16 November 2025 in die SunBet Arena, Pretoria.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.