Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

BigBen se nuwe liedjie ‘Pilansberg’ bring lag, avontuur

Redaksiespan19 Februarie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Bennie Kotze, beter bekend as BigBen, is terug met nog ’n skreeusnaakse liedjie. Sy nuwe komiese liedjie, “Pilansberg”, is pas vrygestel en beloof om luisteraars te laat skaterlag met sy kenmerkende humor en lawwe storielyn.

Volgens BigBen gaan die liedjie oor sy reis na Pilansberg, maar met ’n humoristiese kinkel. “Ek is in die berge op soek na Pilansberg. Ek wil ’n bietjie rus en wegbreek van die stad se gejaag. En net ontspan op Pilansberg,” verduidelik hy. Maar hy is nie alleen op hierdie soektog nie – daar is ook ’n dame wat dieselfde doel het. “Sy is moeg gewerk en wil ook net rus en ontspan,” voeg hy by.

In ’n klassieke BigBen-wending, kruis die twee se paaie op pad na Pilansberg. Die oomblik van ontmoeting gebeur op die N4 se afdraai, waar die dame skielik konsentrasie verloor – en die afdraai mis – omdat sy vir BigBen in sy speedo sien. Dit lei tot ’n snaakse situasie waarin sy hom uiteindelik ’n saamry-geleentheid gee na Pilansberg.

BigBen waarsku egter dat die liedjie nie vir sensitiewe luisteraars bedoel is nie en met ’n knippie sout opgeneem moet word. “Ek wil net mense laat lag. Humor en lag is ’n goeie middel om te ontspan en die oomblik te geniet,” sê hy.

BigBen het homself gevestig as een van Afrikaans se voorste komiese kunstenaars. Hy droom daarvan om Suid-Afrika se eerste volwaardige parodie-kunstenaar te word, en met treffers soos “Braai In Die Reën”, ’n snaakse weergawe van Karlien van Jaarsveld se “Dans In Die Reën”, is hy goed op pad. Hierdie parodie het reeds meer as ’n miljoen kyke op YouTube en bewys dat sy skerp humor en vindingryke lirieke ’n wenresep is.

Met “Pilansberg” bring BigBen weer sy unieke styl na die voorgrond, en een ding is seker – luisteraars gaan op ’n avontuur van lag geneem word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.