Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jan-Mattys skop 2025 af met nuwe enkelsnit

Redaksiespan17 Januarie 2025
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná die groot sukses van sy vorige enkelsnit, “Fluit Fluit”, wys Jan-Mattys dat sy storie nog lank nie vertel is nie. Die gewilde Afrikaanse kunstenaar skop 2025 met nuwe energie af deur sy jongste enkelsnit, “Stof Skop”, op 17 Januarie bekend te stel.

Met ’n onweerstaanbare ritme en melodie wat jou voete outomaties na die dansvloer lok, beloof “Stof Skop” om die perfekte klankbaan vir lekker kuier en dans te wees. Afrikaanse musiekliefhebbers kan uitsien na ’n snit wat hulle nie net laat saamsing nie, maar ook herinneringe skep van spesiale oomblikke saam met hulle mense.

LEES OOK: Jan-Mattys ‘fluit-fluit’ na ’n platekontrak met Select Musiek

Jan-Mattys beskryf die lied as iets wat spesiaal geskep is vir daardie onbesorgde, vreugdevolle tye: “‘Stof Skop’ is een van daai liedjies wat jou die beste tye saam jou mense laat geniet, hier en nou. Dit laat jou beweeg sonder dat jy dit agter kom. Hy het ook sy eie identiteit met ‘n bietjie Afrikaanse Country en Folk.”

Die snit is die resultaat van spanwerk deur talentvolle liedjieskrywers, waaronder Jan-Mattys self, saam met Emil Paul, Stefanie Nortier, en Chané Hall. Vervaardiger Tjaart van der Walt het die lied sy unieke klank gegee, en die kombinasie van Afrikaanse Country en Folk voeg ’n vars draai by wat dit onderskei van ander dansliedjies.

Met “Stof Skop” stel Jan-Mattys nie net ’n nuwe lied bekend nie, maar begin hy ook ’n jaar propvol moontlikhede en musiekpret. Die snit is ontwerp om die lewensvreugde van sy luisteraars te verhoog en om gemeenskap, dans en vreugde te vier.

Kyk die musiekvideo hier:

Maak gereed om jou skoene af te stof en saam te skop! “Stof Skop” is vanaf 17 Januarie op alle digitale platforms beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.