Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

NIKOTIEN: Alternatiewe rock van die hart met debuutsnit ‘30 Kilos Na Parys’

Redaksiespan7 Desember 2024
V.l.n.r Heinrich Coetzer, Hendrik Coetzee, Ju-Hanco Minnaar en Ethan Sutherland. FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

As jy hou van alternatiewe rock-musiek wat jou reg in die siel tref, is NIKOTIEN se debuutenkelsnit, “30 Kilos Na Parys”, presies waarna jy soek. Die liedjie, geskryf deur die groep se hoofsanger, Ju-Hanco Minnaar, is ’n emosioneel rou meesterstuk wat jou meevoer met ’n kombinasie van hartverskeurende lirieke en elektriese kitaar wat jou hart laat klop én genees.

Volgens Minnaar is die lied geïnspireer deur sy eie lewensreis van selfontdekking en genesing. “Die liedjie gaan oor jouself vind en hoe belangrik dit is om al jou pyn op jou mou te dra. Dit is ’n storie oor hoe ek verlore was en myself gevind het in my liefde in ’n dorp genaamd Potchefstroom, wat so om en by 30 kilos buite Parys is,” verduidelik hy.

Hierdie opregte vertelling, gekombineer met Minnaar se rou, emosionele stem en die klankryke begeleiding van die orkes, maak van hierdie snit iets besonders vir enige rock-liefhebber.

Die liedjie is opgeneem by The Hit Lab Studios in Roodepoort onder leiding van produsent MJ Nel, wat gehelp het om NIKOTIEN se unieke klank vas te vang. Die groep beoog om die emosie en energie van “30 Kilos Na Parys” na lewendige gehore te bring, met planne vir ’n toer wat vroeg in Februarie afskop.

Die rock-groep bestaan uit vier passievolle musikante: Ju-Hanco Minnaar (sang en ritme-kitaar), Ethan Sutherland (hoofkitaar), Hendrik Coetzer (baskitaar), en Heinrich Coetzee (dromme).

Al vier lede studeer tans aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom en bring unieke invloede uit verskillende agtergronde na die groep. Hierdie verskeidenheid voeg net nóg meer diepte tot hul musiek.

Met hul debuutsnit, “30 Kilos Na Parys,” betree NIKOTIEN die Afrikaanse musiektoneel met oorgawe. Hulle energie, opregtheid, en talent maak hulle ’n naam om dop te hou. Of jy nou al van alternatiewe rock hou of op soek is na iets nuuts, hierdie liedjie en die groep agter dit sal beslis nie teleurstel nie.

Hul passie vir musiek en hul rou eerlikheid in die stories wat hulle vertel, maak NIKOTIEN ’n vars bries in die Afrikaanse musieklandskap. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.