Jan Bloukaas se opkomende album “God Kan” sal vanaf Vrydag, 29 November 2024, op alle digitale platforms beskikbaar wees. Dié album beloof om aanhangers te verras met diep lirieke, kragtige temas en indrukwekkende samewerkings.
Onder die trefferliedjies wat reeds uitgereik is, is “Vlug” en “Wes Kaap” – laasgenoemde in samewerking met die talentvolle Hunter Kennedy. Beide snitte, wat emosievol en rou is, gee aanhangers ’n voorsmakie van die meesterlike musiek wat op “God Kan” wag.
LEES OOK: Tweede enkelsnit ‘Wes Kaap’ vanaf Jan Bloukaas album bekend
Jan Bloukaas het lankal gedroom van ’n album-bekendstelling waar hy sy liefde vir musiek en sy storie met sy aanhangers kon deel. Ongelukkig beperk sy wisselvallige gesondheid hom tans, maar sy vriend en mede-musikant, Hunter Kennedy, het uitgereik om hierdie droom tog moontlik te maak.
Benewens ’n intieme bekendstelling met sy naasbestaandes is daar Woensdag, 27 November ook ’n aanlyn bekendstelling op Jan Bloukaas se se YouTube-kanaal plaasgevind.
Hierdie projek het samewerkings met van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf: Francois van Coke, Van Pletzen, Die Heuwels Fantasties, Karlien van Jaarsveld, en meer. Dié verskeidenheid kunstenaars bring unieke klanke en emosies wat die album na nuwe hoogtes neem.
Wat hierdie album nóg meer spesiaal maak, is dat Jan sy platform gebruik om jongmense met kanker te ondersteun. Ondersteun sy missie deur ’n bydrae te maak:
BackaBuddy: Bloukaas Fund.
Jan Bloukaas se roerende lewensverhaal sal op Woensdag, 4 Desember 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word as deel van die program Net Mens. Hierdie episode beloof om aanhangers ’n blik te gee op Jan se uitdagings en triomfe.
Kyk die lokprent hier:
Maak seker jy luister na “God Kan”, neem deel aan die aanlyn bekendstelling, en kyk Net Mens om ’n dieper insig te kry in die man agter die musiek. Jan Bloukaas wys dat, selfs te midde van uitdagings, die krag van musiek en geloof grense kan oorskry.
