Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jan Jan Jan sit ‘Lippe Teen Die Klippe’ – ’n vakansietreffer!

Redaksiespan22 November 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die feesseisoen is in volle swang en Afrikaners regoor die land weet dit is die tyd vir kuier, lag en lekker dans. En wat is nou beter as ’n nuwe Jan Jan Jan-treffer om die partytjie aan die gang te kry? Dié boere-boyband, bekend vir hul humoristiese aanslag en aansteeklike energie, stel hul splinternuwe enkelsnit, “Lippe Teen Die Klippe”, op 22 November vry – net betyds vir die groot kuier!

“Lippe Teen Die Klippe” is ’n spesiale mylpaal vir Jan Jan Jan, want dit is die heel eerste lied wat 100% uit hul eie pen kom. Hoewel die groep al voorheen gehelp het om hul treffers aanmekaar te sit, is hierdie snit hul trots en vreugde. Onder leiding van MooiJan (Dulan Emslie), saam met LangJan (Riaan Venter) en KleinJan (Heinrich Rautenbach), het die groep hul kreatiewe kragte saamgespan om ’n lied te skep wat vonke spat.

Aanhangers kan uitsien na briljante woordspel en ’n ritmiese klank wat perfek is vir die dansvloer. Die lied bring ’n vars klank, terwyl dit steeds die kenmerkende humor en energie van Jan Jan Jan behou.

Suid-Afrika se geliefde “boere-boyband” het sedert 2019 aanhangers vermaak met hul unieke kombinasie van musiek en humor. Bekend vir hul komiese musiekvideo’s, stel hulle nie hierdie keer teleur nie. “Lippe Teen Die Klippe” se video beloof lag-uit-jou-maag-oomblikke, met spesiale verskynings deur Gielie en sy sussie – karakters wat ’n draai maak by Stoetbul vir ’n lekker kuier.

Die lirieke roep uit: “Manne, sit daai lippe teen die klippe” – ’n uitnodiging vir almal om die dansvloer aan die brand te dans met ’n koue glasie in die hand. Dit is die perfekte lied om jou voete te laat jeuk en jou lagspiere aan die werk te sit.

“Lippe Teen Die Klippe” word op Vrydag, 22 November, saam met die musiekvideo op alle digitale platforms vrygestel. Maak seker jy laai dit af of stroom dit aanlyn – dié treffer gaan die klankbaan van jou feesseisoen wees!

Of jy nou by die Stoetbul kuier of saam met familie en vriende onthaal, hierdie snit bring die lekker vibes soos net Jan Jan Jan kan. Maak gereed om jou lippe, jou klippe, en jou dansskoene reg te kry – die Janne is terug met nog ’n wenner!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.