Net toe jy dink jy het jou voete klaar afgesokkie op treffers soos “Madelein” en “Toer Om Die Vloer,” verras Brendan Peyper met nóg ’n dansbare liedjie, “Jou Tipe Boer,” wat op 22 November 2024 vrygestel word.
Hierdie nuwe enkelsnit, geskryf deur Brendan self en vervaardig deur Robin Kielly, beloof om ’n gunsteling te word. Die lirieke en klank vang die gees van Afrikaanse jolyt en vier die verskillende fasette van wat dit beteken om jou “tipe boer” te wees – of dit nou in ’n trekker, op die dansvloer, of met ’n bokkepens in die veld is.
Die musiekvideo is iets besonders en bied ’n prettige, kreatiewe draai. In die video sien ons hoe ’n meisie haar eie tipe boer skep deur verskillende uitrustings en style uit te probeer, van cowboy-boots tot oorhaals. Sy speel met idees totdat sy besluit watter tipe boer haar hart sal wen. Dit is ’n unieke konsep wat aanhangers sal laat glimlag en moontlik ’n paar danspassies inspireer.
Met “Jou Tipe Boer” herinner Brendan ons waarom hy een van Suid-Afrika se geliefde kunstenaars is. So, trek jou cowboy-hoed op, trek die dansvloer vol en vra jouself af: hoe lyk jou tipe boer?
