Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Lisie Basson se nuwe enkelsnit laat vlinders in jou maag dans

Redaksiespan11 Oktober 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sy het harte gesteel as die kopskud-sanger en liedjieskrywer van Die Kontrak se tweede seisoen, en in 2023 het sy groot opslae gemaak met haar debuutsnit “#23”, wat landwyd op radiostasies gehoor is. Nou maak Lisie Basson weer golwe met haar tweede enkelsnit, “Klaar Geweet”.

Lisie se debuutsnit, “#23”, is onlangs benoem vir ’n Aitsa Afrikaanse Musiektoekenning in die kategorie Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar. “Dit het my so baie inspirasie gegee en my só aangemoedig om meer te skryf en net te groei as ’n kunstenaar,” sê Lisie. Hierdie prestasie het haar die selfvertroue gegee om voort te gaan met haar kreatiewe reis, wat gelei het tot haar jongste uitreiking.

Die inspirasie vir “Klaar Geweet” spruit uit die begin van ’n verhouding, wanneer jy net weet dat daardie persoon ’n groot rol in jou lewe gaan speel. “Ek het iets probeer skep wat mense se aandag dadelik trek en waarop jy sommer dadelik wil begin dans,” verduidelik Lisie oor die liedjie, wat sy saam met die talentvolle jong liedjieskrywer, Bella Coleske, geskryf het.

Sy hoop dat die liedjie dieselfde ligte gevoel by luisteraars sal wek as wat musiek vir haar gee. “Vlinders in jou maag van ’n liedjie is régtig ’n ding. Al gee hierdie liedjie net vir een mens daardie gevoel, sal ek gelukkig wees,” sê Lisie.

Saam met die liedjie word haar heel eerste musiekvideo ook uitgereik. “Ja, dit is my heel eerste musiekvideo en beslis nie my laaste nie,” sê Lisie selfversekerd. Sy beskryf dit as een van die grootste voorregte wat ’n kunstenaar kan hê om ’n liedjie met ’n musiekvideo uit te reik. “Deesdae word dit nie sommer gedoen op die vlak wat hierdie musiekvideo gedoen is nie.”

Die musiekvideo, verfilm deur die bekroonde Eric T Graham en Tehan Buys, gee ’n intieme blik op wie Lisie Basson is. “Die hele idee van die musiekvideo was om mense te wys wie ek as kunstenaar is. Ek ken vir Georic Lomas al van die dae af toe ek altyd by kuiergeleenthede musiek gemaak het, en hy het destyds al gesien hoe ek in aksie lyk. Hy het voorgestel dat ons dit in die video wys—dat mense sien wie Lisie Basson regtig is.”

Lisie besin ook oor haar deelname aan Die Kontrak en hoe dit haar musiekreis gevorm het. Sy erken dat dit aanvanklik ’n moeilike tyd was toe sy in die top-4 uitgeval het, maar vandag besef sy dat dit haar op die regte pad geplaas het. “Ek het nie daardie tyd geweet wie Lisie Basson is nie, maar nou weet ek. Ek is gereed om die musiekbedryf aan te pak met die wete dat God ’n groter plan vir my gehad het.”

Met 2025 om die draai, is Lisie se planne duidelik: “Skryf, skryf, skryf en soveel musiek as moontlik bymekaar sit om te kan begin uitreik,” sê sy met opgewondenheid.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.