Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ruhan du Toit stof bekende FAK-liedjie af!

Redaksiespan27 September 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Afrikaanse sanger Ruhan du Toit het die geliefde FAK-liedjie deur Rozanne Botha, “Kan ’n Man Dan Nie” afgestof en nuwe lewe ingeblaas met sy weergawe, getiteld “Kan ’n Man”. Dié liedjie, wat oorspronklik uit die FAK-skatkis kom, het ’n vars klank gekry met nuwe lirieke geskryf deur Marco van Deventer en Georic Lomas, terwyl die melodie steeds getrou bly aan die oorspronklike.

“Die oorspronklike weergawe is so uniek, en ek onthou nog presies waar ek was toe ek dit die eerste keer gehoor het. Dít is mos waaroor musiek gaan—om herinneringe te skep,” sê Ruhan.

Hy verduidelik dat sy besluit om hierdie spesifieke liedjie af te stof aansluit by die FAK-segment wat hy al die afgelope vier jaar by sy vertonings insluit. “Dit gaan steeds baie goed af by gehore, soveel so dat ek dit selfs in 2023 by Afrikaans is Groot opgevoer het. Dit sluit ook mooi aan by ander projekte wat nog beplan word,” voeg hy by.

Die nuwe weergawe van die liedjie vertel die storie van ’n jong enkellopende man wat op soek is na die liefde van sy lewe. “Vir sommige kom dit net makliker en natuurliker as vir ander,” verduidelik Ruhan. “Dis lig, dis vol humor, en soms bietjie stout. Dis vrolik en pret—die perfekte manier om jou bolla los te maak.”

Ruhan is vol vertroue dat “Kan ’n Man” luisteraars se harte sal verower. “Ek glo dit kan ’n glimlag op jou gesig sit en ’n huppel in jou stap bring. Dit is eerlik en net iets om te geniet—glad nie ingewikkeld nie.”

Hoewel daar tans nie ’n musiekvideo in beplanning is nie, kan aanhangers uitsien na ’n lekker liriekvideo wat die liedjie sal vergesel.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.