Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

4 Eva Young Band: ’n Jong groep met ’n tydlose klank

Redaksiespan11 September 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dit is nou bykans vier jaar sedert die 4 Eva Young Band hul debuut in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak het met hul aansteeklike enkelsnit Sunny Day. Hierdie liedjie het soos ’n warm son op ’n koue wintersdag geskyn en het bykans onmiddellik plaaslike en nasionale radiostasies oorrompel. Vir baie kinders het dit ’n “Walt Disney-kanaal status” verwerf, en die groep het vinnig bekend geraak in hul onderskeie gemeenskappe en skole.

Na Sunny Day het die groep hul eerste Afrikaanse enkelsnit, Ek is net ’n kind, vrygestel – ’n borrelgom-enkelsnit wat vol kinderlike vreugde was. Dit was ’n treffer onder kinders en hul ouers, wat hulself in die onskuldige plesier van die liedjie verlustig het.

Toe het die musiek ’n rukkie stil geraak. Die lede van die groep het teruggekeer na skool, sport, kultuuraktiwiteite en speel. Maar nou, nadat hulle ouer en meer ervare geword het, is hulle terug met hul jongste vrystelling, Afrikaanse Tydlose Treffers. Hierdie medley is ’n eerbetoon aan sommige van Anton Goosen se grootste treffers en ’n samevoeging van nostalgie en moderne musiekgenot.

Die transformasie van ’n kinderlike klank na ’n meer volwasse klank

Caitie Rock en Johan van Rooyen, nou albei 14 jaar oud, het saam met Zandri Bezuidenhout (nou 12) en hul nuwe lid, Kosie Beukes (17), hul stemme en musiek laat groei. Hoewel hulle die speelse eenvoud van kinderlike onskuld agtergelaat het, bring hulle steeds ’n op-en-wakker energie na hul musiek toe. Johan speel nou nie meer letterlik met slange nie, maar sy kitaarspel en sang het, saam met Caitie se stem, ’n volwasse kwaliteit verkry.

Kosie Beukes, die nuutste toevoeging tot die groep en die “oudste lid,” het reeds naam gemaak as een van die jongste musikante wat veertien verskillende instrumente kan bespeel. Van kitare tot banjo, trekklaarvier en mondfluitjie, maar dit is veral sy vaardigheid op die konsertina wat sy musikale talent onderskei. 

Afrikaanse Tydlose Treffers – ’n medley met ’n siel

Afrikaanse Tydlose Treffers is nie net ’n versameling van liedjies nie – dit is ’n ode aan die ryk erfenis van Afrikaanse musiek. Met invloede wat terugkeer na die dekades van die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis, is hierdie medley ’n musikale reis. Dit beweeg tussen stories soos dié van die spook van Uniondale en die Byeboer van Pelgrimsrus, tot by Sarie Marais by die walle van die Mooirivier.

Die besluit om ’n medley van Anton Goosen se liedjies te skep, het gekom uit die groep se liefde vir sy musiek. “Ons is seker sy grootste fans,” het die groep gesamentlik gesê. Dit is bemoedigend om te sien hoe die jeug steeds waarde heg aan die klassieke Afrikaanse musiek en dit op ’n vars en kontemporêre manier kan aanbied.

Kyk die musiekvideo hier:

Wat die toekoms inhou

Met die jongste vrystelling van Afrikaanse Tydlose Treffers het 4 Eva Young Band bewys dat hulle nie net kinderspeelgoed is nie – hulle is tieners wat ernstig is oor hul musiek. Hulle het gegroei, hul styl verfyn, en is gereed om voort te bou op hul sukses. Hulle is die toekoms van Afrikaanse musiek, en ons sien met opwinding uit na wat volgende op hul reis wag.

Afrikaanse musiek is lewendig en wel, en met 4 Eva Young Band se bydrae kan ons verseker wees dat dit nog lank sal voortleef.

  • Afrikaanse Tydlose Treffers is nou beskikbaar op alle stroomdienste.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.