Op Vrydag, 6 September reik Posduif nie een nie, maar twee enkelsnitte uit. Volgens dié groep wil hulle die verskillende kante van hulself weerspieël.
1. Wat was die inspirasie agter die twee nuwe liedjies wat julle op 6 September bekendstel?
Voetfout gaan oor ’n vriend van hulle wat sy meisie verneuk het en is toe uitgevang en moes verduidelik dat hy ’n voetfout gemaak het. Die liedjie is maar net om hom te terg en dis ’n tong in diie kies tipe liedjie wat lig en fun is. Kaalvoet Kinders is ’n nostalgiese liedjie wat jou laat terug dink aan jou kinder dae en jou maak onthou wie jy regtig is. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie jy bly steeds dieselfde mens as wie jy was in jou kinderdae.
2. Hoe verskil hierdie liedjies van julle vorige werke, en wat kan aanhangers verwag?
Die rede hoekom ons 2 liedjies saam uitreik is om albei kante van Posduif vir die publiek te wys. Ons is diep omgee mense en voel die pen gee baie om, maar ons is ook fun en hou van ’n lekker jol elke nou en dan en hierdie 2 snitte weerspieël dit.
3. Kan julle ’n bietjie meer vertel oor die kreatiewe proses en samewerking wat by die vervaardiging van hierdie liedjies betrokke was?
Ons het hierdie begin skryf by ’n skryfkamp laasjaar en dit self was ’n fantastiese ondervinding.Ons het tot laat in die aande gesit en praat oor konsepte en ander lirieke. Die ou wat die lodge bestuur, het eintlik na voete verwys as “Liewe Jesus skoene” en dit het gelei na Kaalvoet Kinders as die titel van die een snit.
4. Watter boodskap hoop julle om met hierdie nuwe liedjies aan julle luisteraars oor te dra?
Die boodskap is dat jy ’n ernstige en ’n diep kant het en onthou wie jy is en dit nooit vergeet nie, maar dit is ook lekker om sports te hê en jou lewe te geniet en dis ok om albei kante van jou persoonlikheid uit te kan lewe. Mens moet jouself nie altyd so ernstig opneem nie.
LEES OOK: Posduif se nuwe album en enkelsnit versprei soos ’n veldbrand
5. Is daar enige verrassings of spesiale kenmerke wat hierdie liedjies uniek maak in vergelyking met julle vorige vrystellings?
Die produksie op Kaalvoet Kinders is ’n ander tipe klank as wat ons gewoonlik speel so ek dink dit gaan ’n hele paar mense verras.
- Beide Voetfout en Kaalvoet Kinders is op Posduif se jongste album, Brandstigter.
- Posduif is op 19 Oktober te sien by Loftus in Pretoria wanneer hulle sal open vir die internasionale countrysangers, Kip Moore en Darius Rucker.