Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Danny Smoke vat ‘Carina’ vir ’n draai!

Redaksiespan23 Augustus 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Danny Smoke, die talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar, het die ikoniese liedjie Wil Jy Dans, Carina? ’n vars klank en nuwe energie gegee met sy jongste uitreiking. Die oorspronklike weergawe van die liedjie, gesing deur Francois & Elizabeth, is ’n nostalgiese gunsteling wat baie mense herinner aan gesellige sokkie-aande en spontane dans op die ritme van die klavier.

In ’n onderhoud deel Danny sy inspirasie agter die nuwe weergawe van die liedjie: “Ek onthou die dae toe ek ’n kind was en onder ’n tafel lê en slaap het terwyl my ouers op Wil Jy Dans, Carina? van Francois & Elizabeth gedans het. Ek het toe besluit om die liedjie ’n nuwe baadjie aan te trek en trust my, mense gaan weer vir lank vasdans op hierdie een.”

LEES OOK: Danny Smoke stof sy kitaar af vir ’n nuwe enkelsnit

Maar hierdie is nie bloot net ’n heruitgawe nie— Carina het ’n splinternuwe klank wat ’n interessante mengsel van oud en nuut bied. Danny en sy suster, Rochelle Rautenbach, het saam geskryf aan hierdie weergawe, en hulle het stukkies van die oorspronklike meesterlik ingewerk in die nuwe liedjie. Dit is ’n perfekte kombinasie van die klassieke “old school” gevoel en moderne klanke wat seker maak dat dit by ’n wye gehoor aanklank sal vind.

Met die meesterlike produksie van Murray Lubbe, is die liedjie ontwerp om jou reguit na die dansvloer te lok. Carina bied die ideale klankbaan vir ’n lekker sokkie—aangesien die liedjie al die regte note tref om die nostalgie van die oorspronklike lied te laat herleef terwyl dit terselfdertyd ’n vars nuwe ritme bied.

  • Danny Smoke se Carina is nou beskikbaar op alle stroomdienste.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.