Augustus 2024 bring opwindende nuus vir musiekliefhebbers met die vrystelling van Jako Meyer se jongste enkelsnit, Ballito. Hierdie liedjie volg op die sukses van sy vorige enkelsnit, Oor My Voete Val, wat in April vanjaar uitgereik is.
Jako Meyer, bekend vir sy energieke en opwindende musiek, stel Ballito as een van sy gunsteling plekke en het die liedjie in Junie 2024 geskryf, geïnspireer deur die liefde tussen mense en die goeie tye wat mens kan beleef in Ballito. “Ek is baie lief vir Ballito. Die idee van die see, naglewe en die liefde en herinneringe tussen mense is vir my magies,” sê Jako oor die liedjie.
Met ’n meer ingetekte en rustiger aanslag as wat aanhangers van Jako Meyer gewoond is, is Ballito ’n liedjie wat gespesialiseer is om die gevoel van Ballito vas te vang. Dit is geskryf vir almal wat ’n liefde vir die kusdorp het – ’n plek waar jy vir ’n oomblik kan vergeet van jou alledaagse lewe en jou beste lewe kan leef met net goeie tye.
Die liedjie is in Potchefstroom opgeneem saam met Johan Viljoen, wat ook aan die skryf van die liedjie help het. Die duo het doelbewus die nostalgie van Ballito probeer vasvang met die rustiger effek van hierdie nuwe enkelsnit. “Ballito is vir almal wat herinneringe het van die dorp, of nog gaan maak, hetsy saam met vriende, familie, of die liefde van jou lewe,” verduidelik Jako.
Benewens sy musiekloopbaan, is Jako Meyer tans ook as akteur besig aan die kykNET-telenovela, Diepe Waters. Musiekliefhebbers kan uitkyk vir sy tweede vollengte album, Sinergie in die Aande, wat op 25 Oktober 2024 vrygestel gaan word. Met Ballito wat die aanloop na hierdie album vorm, blyk dit dat Jako Meyer se musiek in hierdie nuwe fase van sy loopbaan ’n besonderse reis van herinneringe en emosie sal wees.