Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ruhan du Toit skep ‘hoop, trots’ met nuwe liedjie

Redaksiespan16 Augustus 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ruhan du Toit, bekend vir treffende liedjies soos Monumentaal en Val Op Jou Knieë, bring nou weer ’n inspirerende liedjie met ’n boodskap van hoop én trots. Sy nuutste Afrikaanse kontemporêre liedjie, Jy Hoort Hier, vier jou plek in jou land en omgewing, en herinner ons aan die rykdom van positiewe aspekte wat ons kan waardeer en bydra tot ’n beter toekoms vir ons en ons kinders.

Die konsep en oorsig vir die liedjie is gedoen deur dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, met die lirieke en musiek deur Marco van Deventer en Georic Lomas. “Die storie agter die liedjie is hoofsaaklik om mense weer opgewonde en positief te kry oor die vooruitsig van hierdie wonderlike land waarin ons bly. Ja, met al sy foute het ons nog steeds soveel om voor dankbaar te wees,” sê Ruhan.

Jy Hoort Hier vorm ook deel van Solidariteit se #JyHoortHier-veldtog. “Met hierdie veldtog sê ons hoe Afrikaners steeds bereid is om die uitdagings aan te pak wat ons so dikwels in Suid-Afrika moet trotseer. Ons antwoord ook die vraag oor hóékom ons dan bereid is om dit te doen: Want ons hoort hier,” het dr. Dirk op sy beurt gesê. 

Ruhan erken dat dit deesdae moeilik is om te voorspel hoe ’n liedjie gaan vaar. “Maar gebaseer op die positiewe sukses wat ons destyds met Die Land en Monumentaal behaal het, glo ek dit is weer tyd vir so ’n liedjie en dat mense regtig daarvan sal hou,” voeg hy by. 

“Dis ’n liedjie wat siels kos na die tafel bring en dit boonop met ’n lekker energieke tempo en interessante melodieë,” sê hy. 

’n Musiekvideo wat die egte Suid-Afrikaanse essensie uitbeeld, gaan ook saam met die liedjie uitgereik word. Dié video, wat deur Atlas Media verfilm is, beeld elemente soos rugby, geloof en familie uit. “Die liggies aan die einde is elkeen wat sy hand opsteek om ’n verskil te maak. SO – steek jóú liggie aan saam my,” sê Ruhan. Die video is verfilm op verskeie plekke en huishoudings in Pretoria, met die orkes gedeelte by Sorcery in die ooste van Pretoria.

Kyk die musiekvideo hier:

Ruhan hoop sy musiek bring ’n gevoel van behoort en trots. Hoewel hy al baie hoogtepunte in sy loopbaan kan uitsonder, noem hy sy eerste Afrikaans is Groot-optrede in 2016 as sy eerste antwoord. Hy het ook ’n enkelsnit of twee op pad, “miskien ietsie ligs en aan die kuier kant,” verklap Ruhan.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.