Eloff verras sy aanhangers voortdurend met musiek wat die atmosfeer vir ’n lekker kuier of om saam met vriende te sing, en sy nuutste enkelsnit Lek My Lippe Af is geen uitsondering. Hierdie liedjie, wat op 16 Augustus 2024 uitgereik word, is ’n heerlike toevoeging tot sy Lofpop musiekstyl en beloof om ’n nuwe kolskoot te wees.
Lek My Lippe Af handel oor die dillema van verlief wees op jou beste vriend se sussie, wat eintlik “verbode vrugte” is. Eloff verduidelik: “Sy is verbode vrugte. Die liedjie verken die uitdaging en spanning van die breek van die ‘Bro Code’.”
Dié liedjie is die vrug van samewerking tussen Eloff, Hugo Ludik en Nick Jordaan van Muse Studios – dieselfde span wat verantwoordelik was vir Eloff se groot treffers soos Johnnie Blou, Geheueverlies, en Vlerke. Die energie en kreatiwiteit van hierdie span is duidelik in die lirieke en musiek wat die aandag sal vasgryp en die luisteraar sal laat wil saam sing.
LEES OOK: Eloff delf diep vir nuwe enkelsnit ‘Elke Liewe Ding’
Met Lek My Lippe Af kan jy voorberei om oor te skakel van die winter se koue na die warmer lentetone, en dit beloon jou met ’n bietjie ekstra musiekpret. Maak seker jy mis nie hierdie vrystelling op 16 Augustus 2024 nie!