Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Bobby maak ons weer “lewendig” met nuwe liefdes-dansliedjie

Redaksiespan2 Augustus 2024
FOTO: Gerduan Kemp
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die geliefde Afrikaanse sanger, Bobby van Jaarsveld, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit getiteld Lief My Weer Lewendig. Hierdie liedjie, geskryf deur die talentvolle Johan Oberholzer, gaan oor die kragtige effek van liefde in ons lewens. Of dit nou jou man, vrou, kinders, of enige geliefde is, liefde het die mag om ons lewendig te maak.

Bobby hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang en dat hulle hulself kan inleef daarin. “Ek het lank terug ’n dansliedjie uitgebring en die mark is nogal lus vir ’n bietjie dans deesdae,” het Bobby bygevoeg.

Volgens Bobby is hierdie liedjie in ’n ander styl as sy vorige enkelsnit, Verlore Seun, wat vroeër vanjaar uitgereik is. “Ek dink mense sal dit kan speel vir die persoon vir wie hulle lief is.”

LEES OOK: Bobby van Jaarsveld stel eerlikste liedjie nóg vry

“Vir my voel die liedjie ook geestelik, want ek kan die liedjie sing vir God. Sy liefde maak my weer lewendig oor en oor en oor so baie keer. Ek dink almal kan verstaan waaroor die liedjie gaan. Partykeer bevind ons onsself in donker, vreemde plekke, maar liefde bedek alles,” het Bobby gesê. “Ek hoop mense ook die storie agter die storie hoor, dat dit iemand se hart sal raak.”

’n Musiekvideo wat deur Gerduan Kemp verfilm is, is ook in die pyplyn, maar hieroor wil Bobby nie te veel verklap nie. Dié musiekvieo, wat nou ook op alle stroomdienste beskikbaar is, laat die kyker as’t ware voel of hulle ’n Bobby-vertoning in die gemak van hul sitkamers geniet.  

Almal weet reeds Bobby van Jaarsveld is nie net ’n sanger nie, maar ook ’n kranige akteur. Dit is dus baie opwindend dat hy ook vanaf 9 Augustus te sien sal wees in die sexy romantiese komedie Eksie Perfeksie op Showmax, saam met ander sterre soos Pietie Beyers, Emma van Heyn, Sean van Noordwyk, en vele meer. “Ek geniet dit vreeslik om my lyf akteur te hou en ek is so dankbaar vir al die geleenthede wat oor my pad kom,” voeg hy by.

Met ’n loopbaan wat oor byna twee dekades strek, sê Bobby dat daar nie veel is om uit te sonder nie, behalwe die ongelooflike mense wat hy ontmoet het en die legendariese oomblikke wat hy beleef het. “Die groot hoogtepunte sal altyd die publiek wees wat na die shows toe kom en my ondersteun. Ná 20 jaar in die bedryf, sedert my eerste album, is ek steeds dankbaar vir elkeen wat my reis deel.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.