Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Mirandi verras met nuwe weergawe van ‘Wille Sarie’

Redaksiespan5 Julie 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Mirandi, die naaswenner van Die Kontrak se derde seisoen, het die musiekwêreld behoorlik aan die gons gehad met haar ongelooflike talent. Haar optredes tydens die kompetisie het die kenners se oë laat rek, en nou stel sy haar nuwe enkelsnit, Wille Sarie, amptelik vry.

Wille Sarie, wat geskoei is op die 1950 liedjie Good Golly Miss Molly deur Little Richard, bied ’n opwindende mengsel van blues, rock en jazz musiek. Mirandi het die lirieke self geskryf, terwyl die melodie uit Good Golly Miss Molly spruit. 

Mirandi deel: “Die idee vir Wille Sarie het begin toe ons op pad see toe was. Ek is baie streng grootgemaak. Ons mag nie uitgegaan het en gaan dans het of na sokkies toe gaan nie.” Sy voeg by, “Wille Sarie is ’n lewendige liedjie wat ’n kant van my wys wat almal ken. Almal weet ek is sag, maar ek kan ook lekker laf wees as ek die dag lus is. Dit som myself op.”

Die liedjie vertel die verhaal van ’n persoon wat streng grootgemaak is, maar net ’n bietjie wil losbreek en gaan dans. “Dit gaan oor die hardwerkendes wat net ’n bietjie wil litte losmaak,” verduidelik Mirandi.

Mirandi hoop dat die publiek Wille Sarie met ope arms sal ontvang en dat die liedjie mense dadelik sal laat dans wanneer hulle dit hoor. Sy vertel dat die terugvoer op die liedjie reeds oorweldigend positief is, veral van die ouer generasie wat nostalgies is oor die dansbare musiek van die 50’s.

Kyk die liriekvideo hier:

Sy benadruk dat sy haar toekoms in die Here se hande plaas en glo dat Hy haar op die regte paaie in haar loopbaan sal lei. Mirandi beskou haar deelname aan Die Kontrak en die geleentheid om Arnold Coleske te ontmoet as een van haar grootste hoogtepunte en waardeer die ondersteuning van Coleske Artist Management.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.