Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jay wen ná meer as twee dekades steeds harte!

Redaksiespan28 Junie 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná meer as twee dekades as solo-kunstenaar, bly Jay ’n onbetwisbare gunsteling in die musiekbedryf. Hy het pas sy splinternuwe enkelsnit, Sou Vir Jou, op alle stroomdienste vrygestel.

Dié liedjie, ’n pop-sokkie nommer, is geskryf deur die talentvolle liedjieskrywer Emil Paul en vertel die verhaal van ’n man wat sing vir ’n meisie wat buite sy bereik is. Jay sê hy was onmiddellik aangetrokke tot die liedjie se unieke invalshoek en aansteeklike energie. “Ek kon vinnig saam sing en die ‘vibe’ van die liedjie was vir my positief en opbeurend. Ten spyte van die feit dat dit gaan oor ’n ou wat vir ’n ander ou se meisie sing,” sê Jay.

Jay hoop dat die publiek dadelik verlief sal raak op die liedjie en dit gereeld om die kampvuur of tydens kuiers sal speel. “Ek dink almal kort ’n nuwe liedjie in hul speellys, so hier is myne. Luister hom vrot,” skerts Jay.

Jay se doel is dat sy musiek mense sal help om te ontspan en hul sorge vir ’n rukkie te vergeet. Alhoewel daar nie ’n musiekvideo vir Sou Vir Jou vrygestel gaan word nie, kan aanhangers uitsien na ’n visualizer met lirieke, wat hulle die geleentheid gee om saam te sing.

Kyk die visualizer hier:

Wanneer gevra word oor die hoogtepunte van sy loopbaan, sê Jay dat dit onmoontlik is om een spesifieke oomblik uit te sonder. Hy waardeer eenvoudig die voorreg om sy passie vir musiek te kan uitleef. Jay verklap ook dat daar nog twee nuwe liedjies is wat hy van plan is om later vanjaar vry te stel.

Met Sou Vir Jou stel Jay weereens sy onmiskenbare talent en passie vir musiek ten toon.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.