Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Gerduan Kemp vier sy terugkeer tot die musiekbedryf met nuwe idioom-enkelsnit

Redaksiespan28 Junie 2024
FOTO: Facebook via Gerduan Kemp
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Aanhangers van die gewilde sanger, liedjieskrywer, fotograaf en musiekvideovervaardiger, Gerduan Kemp, het voorwaar rede om te glimlag. 

Ná drie jaar van stilswye, is hierdie talentvolle musikant uiteindelik terug voor die mikrofoon met ’n indrukwekkende enkelsnit waarmee hy ook lewe gee aan ’n splinternuwe idioom. 

Koffie In Die Kroeg is ’n Afrikaanse pop-rock-snit wat die idee van die regte ding, wat op die verkeerde tyd en plek gebeur, verken. 

“Ek was een aand uit saam met vriende en het my verluister aan gesprekke wat mense rondom my het. Na ’n lang dag, was ek nie noodwendig lus om op daardie oomblik op daardie spesifieke plek te wees nie,” verduidelik hy oor die inspirasie agter die liedjie. “Skielik raak ek bewus van die feit dat ek die enigste persoon in die plek is wat met ’n beker koffie, en nie ’n glas of ’n botteltjie voor my sit nie. Dit het my laat dink aan hoe ons dikwels op die verkeerde tyd en plek die regte dinge doen, en so het die titel en idioom ontstaan: Koffie in die kroeg: Die regte ding op die verkeerde plek en tyd.”

Hoewel die verse van die liedjie al ’n geruime tyd gelede geskryf is, het die perfekte woorde vir die koor hom bly ontwyk en het hy die hulp van sy vriend, Emil Paul, ingeroep om te help om dit te finaliseer en af te rond. Hugo Ludik van Muse Studios het die snit vervaardig.

Vir Kemp beteken hierdie enkelsnit baie, aangesien dit sy eerste vrystelling in drie jaar is. “Om weer na so lank ’n liedjie vry te stel wat so eerlik en rou is, is ’n baie opwindende, maar tog vreesaanjaende gevoel,” sê hy. “Hierdie liedjie verteenwoordig ’n nuwe era in my musiekloopbaan en ek hoop dat dit aanklank sal vind by die luisteraars.”

Natuurlik verdien so ’n uitsonderlike lied ook om in ’n musiekvideo verewig te word en het hulle dit reggekry om die tema en boodskap daarvan meesterlik saam te vat.

Die video, wat by The Social Grill in Pretoria geskiet is, is deur Gerduan self vervaardig, met Abel Knobel agter die kamera, en speel af in ’n kroeg waar die sanger saam met sy vriende kuier en hy die storie vertel van wat hy rondom hom sien gebeur.

“Ek wou graag die atmosfeer en die idee, gevoel van die liedjie in die video vasvang. Daar is ook tonele waar ek saam met ’n orkes die liedjie optree,” verklap die kunstenaar.

Kyk die video hier: 

Koffie In Die Kroeg is sy vyfde vrystelling en sy vorige werk het groot sukses behaal, met sy debuut-album wat meer as 2 miljoen keer gestroom is op digitale platforms. Sy laaste enkelsnit, Al Die Woorde, wat hy saam met Tasha (Die Kontrak 1) opgeneem het, het ook wye erkenning gekry en is meer as 300 000 keer gestroom.

Gerduan, wat in Bloemfontein groot geword het en tans in Pretoria woon, is al van skooltyd af passievol oor musiek. Hy het al die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel en ’n draai gemaak by verskeie Afrikaanse musiekfeeste. Hy is veral bekend vir treffers soos Sesde Sintuig, Langpad na Môre en Jou Tipe Jaloers.

Buiten vir musiek, is hy ook ’n uitstaande fotograaf en musiekvideovervaardiger met sy eie besigheid, Gerduan Kemp Photo & Film, wat al musiekvideo-projekte vir verskeie bekendes – waaronder Elandré en Kurt Darren – behartig het.

Hierdie veelsydige man is opgewonde oor die volgende hoofstuk in sy musiekloopbaan en met Koffie In Die Kroeg is hy beslis op die regte pad.

“Agter die titel van hierdie lied, lê eintlik ’n diep storie waarmee almal kan vereenselwig, juis omdat ons almal al ‘die regte ding op die verkeerde tyd en plek’ in ons eie lewens ervaar het. Ek wou graag vir almal wat my musiek luister iets gee waarvan hulle sal hou,” sluit hy af.

  • Die enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.