Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Die legendariese Gé Korsten se stem stil, maar sy erfenis leef voort

Redaksiespan4 Junie 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vyf-en-twintig jaar het verbygegaan sedert die legendariese Gé Korsten se wonderlike stem vir altyd stil geword het, maar sy invloed op die Suid-Afrikaanse musiek- en teaterwêreld bly steeds lewendig. Vanjaar vier Lefra Produksies hul 30ste bestaansjaar en in hul strewe om hierdie mylpaal spesiaal te maak, het hulle besluit om hulde te bring aan een van die land se grootste internasionale supersterre met Frans Swart se huldeblykproduksie, Gé Sing: Hoor My Lied.

LEES OOK: Gé Sing – Hoor My Lied terug by Atterbury Teater op publieke aanvraag!

Frans Swart, die regisseur van die produksie, het saam met die musikale regisseur, Chanie Jonker, dadelik besef dat hulle ’n liedjie benodig wat Gé Korsten se lewe en nalatenskap vasvang. Dit was nie genoeg om net sy bekende liedjies te sing nie; daar moes ook ’n lied wees wat oor homself handel. So is die lied Ons Gé gebore. Na die eerste opvoering van Gé Sing: Hoor My Lied, was die reaksie van die gehoor oorweldigend. Mense het gevra waar hulle hierdie diepgaande lied weer kan luister en dit het gelei tot die professionele opname van Ons Gé.

Die skepping van ’n lied vir ’n legende

Hoe vang mens ’n legende soos Gé Korsten se lewe in een liedjie saam? Swart verduidelik dat dit ’n groot uitdaging was. “Gé was baie lief vir die see, sy mense en vir Suid-Afrika. Dit is die essensie waaroor Ons Gé gaan. Hy was so ’n innemende mens en het altyd geglimlag en lekker gelag. Ons wou al daardie elemente in een liedjie saamvat,” sê Swart. Hierdie taak het vereis dat hulle diep delf in die kern van wie Gé Korsten was, om die ware gees van sy persoonlikheid en sy liefde vir die lewe te weerspieël.

Stephanie Baartman: Die stem agter Ons Gé

Die talentvolle sangeres Stephanie Baartman, wat Ons Gé in die teaterproduksie sing, dra die lied met haar ryk en sterk stem. Stephanie het haar televisiedebuut gemaak in die derde seisoen van Supersterre in 2010 en het daarna haar pad gevind na die harte van kykers as Bianca “Bibi” Bhele in Getroud met Rugby op kykNET. Sy het die hoëhak skoene van Bibi verruil vir die voorskoot van Lettie Adonis in Diepe Waters, maar in Ons Gé toon sy ’n nuwe dimensie van haar talent deur die diep emosionele betekenis van die lied oor te dra.

Die erfenis van Gé Korsten

Linda Korsten, een van Gé se dogters, het ook haar waardering uitgespreek vir die lied. “Ons Gé – wat ’n pragtige lied wat hom so mooi uitbeeld. Hiermee sal ons hom nooit vergeet nie en altyd in ons harte hou,” sê sy. Hierdie liedjie dien as ’n tydlose herinnering aan die nalatenskap van Gé Korsten en bevestig dat sy invloed steeds deurleef in die harte van sy aanhangers en geliefdes. Gé Korsten mag dalk vyf-en-twintig jaar gelede vir altyd stil geraak het, maar sy stem en die invloed wat hy op Suid-Afrika gehad het, sal nooit vergeet word nie. Gé Sing: Hoor My Lied en die lied Ons Gé is nie net ’n huldeblyk aan ’n groot man nie, maar ook ’n viering van sy lewe en nalatenskap. Dit herinner ons aan die krag van musiek om ons te verbind met diegene wat ons verloor het en om hulde te bring aan diegene wie se invloed vir altyd sal voortleef.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.