Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Kurt Darren se nuutste trefferslied laat jou voete jeuk!

Redaksiespan31 Mei 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Kurt Darren, die onbetwiste Sokkie-Kaptein van Suid-Afrika, het weer eens sy stempel afgedruk met sy nuutste enkelsnit, Sokkie Tot Die Einde. Hierdie treffer is vir die vasbyters, vir elke Suid-Afrikaner wat lief is vir kuier en sokkie tot die son opkom. Dit is nie net ’n lied oor dans nie, maar ook ’n viering van liefde en lojaliteit wat bly staan, maak nie saak wat die lewe in die pad gooi nie.

In die lirieke van Sokkie Tot Die Einde lê daar ’n diepgaande boodskap oor ’n liefde wat alles kan oorleef. “Ek en jy het hier ‘n ding begin,” sing Kurt, en hierdie woorde is ’n belofte dat hulle dit sal deursien tot die einde. Die lied is gevul met ritmes en melodieë wat jou voete van die eerste noot tot die laaste klank laat jeuk.

Kurt het weer saamgespan met die getroue treffer-vervaardiger, Dirk van Niekerk, om ’n klankervaring te skep wat niemand kan weerstaan nie. Van Niekerk se vaardige produksie verseker dat elke klankslag in Sokkie Tot Die Einde presies die regte gevoel tref, wat ’n onweerstaanbare sokkie-beat lewer.

Wat hierdie vrystelling nog meer spesiaal maak, is die innoverende benadering wat Kurt hierdie keer geneem het. Hy het ’n “kortfilm” saam met vriende en invloedryke figure geskep, wat nie net die aanhangers se litte laat losmaak nie, maar ook die lagspiere prikkel. Hierdie kortfilm dien as ’n visuele fees wat die lied se gees van vreugde en samehorigheid vasvang.

Die lied en kortfilm word amptelik vrygestel op 31 Mei, so begin solank opwarm vir die dansvloer. Met Sokkie Tot Die Einde, bring Kurt Darren weer eens ’n lied wat nie net die hart aanraak nie, maar ook verseker dat jy tot die laaste noot sal dans.

Maak gereed om die nag deur te sokkie en te lag, want met Kurt Darren aan die stuur, is daar waarlik geen einde in sig nie.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.