Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Carley se ‘Baadjie’ is ’n nuwe klank vir die Afrikaanse musiekbedryf

Redaksiespan28 Mei 2024
FOTO: Facebook via Carley Janse van Vuuren
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Carley het die voorreg gehad om haar debuutenkelsnit, Baadjie, te skryf en te vervaardig. Hierdie liedjie het haar in staat gestel om saam met twee uitmuntende vervaardigers, Deon Dee en Ruan Graaff van DeeGraaff Produksies te werk, wat die hele prentjie bymekaar gesit het. Hul professionele benadering en kreatiewe insig het haar visie vir Baadjie lewe gegee.

Almal hunker daarna om die nommer een opsie in iemand se lewe te wees, ongeag die tipe verhouding. Die hartseer realiteit is egter dat ’n mens soms net die opsie is wat altyd beskikbaar is, die een waarop teruggeval kan word. Hierdie gevoel is die inspirasie agter Baadjie. Carley sien hierdie dinamiek deesdae baie meer raak en het gedink dit is belangrik om ’n liedjie daaroor te skryf waarmee almal kan identifiseer.

Die terugvoer wat sy tot dusver ontvang het, was oorweldigend positief! Baadjie het reeds die top-20 op Harties FM gehaal en het oor die 15 000 strome op alle stroomplatforms. Die liedjie bring ’n vars, alternatiewe-pop, ligte en energieke klank vir die luisteraar. Dit is iets wat maklik in jou kop vassteek, maar dit het tog ’n mate van diepte.

Vir Carley is musiek ’n universele taal wat boekdele spreek en met ’n mens praat soos niemand anders kan nie. Sy wil hê haar musiek moet vir die luisteraar ’n gevoel van ‘tuis wees’ skep. Die luisteraar moet weet dat hulle nie alleen is nie. Sy wil hê mense moet saam lag, dans, en indien nodig, saam huil, want dit is heeltemal aanvaarbaar.

Carley is reeds besig met haar volgende enkelsnit en is baie opgewonde daaroor. Skryf en musiek is haar passie en sy sien nie haar toekoms sonder een van die twee nie. Sy het ook planne om na skool verder te studeer, want sy glo dat tersiêre onderrig noodsaaklik is vir enige beroep en dat sy net daarby kan baat.

Hoewel Carley nog nie lank in die musiekbedryf is nie, het daar al soveel dinge gebeur waarvoor sy ongelooflik dankbaar is. Sy het die voorreg gehad om die temalied vir een van Pretoria se grootste feeste, die Pretoria-Fees, te skryf en dit voor duisende mense te sing, saam met haar debuutenkelsnit, Baadjie. Sy het die verhoog gedeel met van die land se musiekreuse soos Spoegwolf, Elandré en Demi Lee Moore.

Carley sien haarself as ’n doodgewone meisie met baie groot drome. Sy deel haar ouers se liefde vir musiek en as kind was daar altyd musiek in die huis, maak nie saak wat die situasie was nie. Musiek was die toevlug en die antwoord op alles. Sy het ongeveer ’n jaar gelede begin optree, nadat sy verlede jaar vir Die Kontrak ingeskryf het. Twee jaar gelede het sy sosiale media aangedurf om haar passie met ’n groter gehoor te deel.

Sy kan nie net een kunstenaar uitsonder wat haar inspireer nie. Mense soos Elandré, Francois van Coke, Karen Zoid, Zaan Sonnekus, Janie Bay en Tasché inspireer haar en dit sal ’n droom wees om saam met enige van hierdie fantastiese kunstenaars te werk. Alternatiewe musiek floreer op kreatiwiteit en gee kunstenaars die vryheid om verskillende klanke en style te meng om iets totaal uniek te maak.

Buite musiek het Carley ’n groot liefde vir skedules. Sy beplan gewoonlik vêr vooruit en maak voorsiening vir alles wat moontlik verkeerd kan loop. Om ’n musikant te wees, vereis baie selfdissipline en deursettingsvermoë. Die dag toe sy besluit het om ’n musikant te wees, het sy besef dat sy groot verandering nodig gehad het. Daarom het sy die hoofstroomskoolstelsel verruil vir tuisonderrig, sodat sy meer tyd aan haar musiekloopbaan kan spandeer.

Carley is tans besig met ’n paar nuwe liedjies, maar haar gunsteling op die oomblik is Mag ons?. Net soos Baadjie vertel dit ’n storie, hierdie keer oor die goedkeuring van ander om iemand lief te hê.

Vinnige Vrae

  1. Beste dag van die week? Woensdag
  2. Gunsteling seisoen? Herfs
  3. Wat laat haar lag? Mense en hul dinge
  4. As sy een “superpower” kon hê, wat sou dit wees? Teleportasie
  5. Facebook of Instagram? Instagram

Musiek is Carley se lewe en sy sien uit daarna om meer stories met die wêreld te deel. Bly ingeskakel op haar sosiale media vir haar volgende vrystelling! 

Luister Baadjie nou op alle stroomdienste soos Apple Music, Spotifty, Deezer of YouTube Music.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.