Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Carlien Coetzer neem jou saam op reis in nuwe enkelsnit

Redaksiespan6 Mei 2024
FOTO: Facebook via Carlien Coetzer Music
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Centurion sangeres Carlien Coetzer is baie lief vir die Vrystaatse dorpie Vrede en daarom het sy ook haar jongste enkelsnit, Vrede in Vrede, aan die inwoners opgedra.

“Ek ervaar net rustigheid en liefde as ek by my broer en aanstaande skoonsuster op hulle plaas gaan kuier. Dit is ’n dorp waar almal mekaar ken vriende werklik soos familie raak,” vertel sy.

Carlien het verlede jaar haar grande entreé tot die Afrikaanse musiekbedryf gemaak met ’n hermengde weergawe van Tasché Burger se treffer Sal jy vir my wag. Sy het met dié  snit ’n kans gewaag wat haar aan die hakke sou kon hap, maar dit is uitstekend deur die publiek en plaaslike radiostasies ontvang; trouens daar was net lof vir haar eiesoortige vertolking van die liedjie. 

Nou het Carlien ook haar hand aan liriekskryf gewaag en die resultaat is ’n melodieuse country-liedjie wat nie net ’n sterk musikale inslag het nie, maar ook ’n storie vertel waar die reisiger saam met haar deur die dorp reis; die stof van die hoofstraat ruik, die gebrul van leeus hoor. “Die leeus brul nie net saans nie, maar sommer ook helder oordag.” 

Vrede in vrede het ’n narratiewe storielyn wat die karakters op die dorp, die natuur se skoonheid en die wilde diere soos  ouditiewe flitse voor die luisteraar afspeel. 

Carlien sê sy het die snit in samewerking met Reinhard Herbst van die groep RNK geskryf.  Dié groep is bekend vir hulle verhalende liedjies en die styl vind ook neerslag in Carlien se eerste penpoging. 

Luidens die jongste sensus het Vrede net ’n bietjie meer as 18 000 inwoners en daarom is dit ook nie verbasend dat dié meeste mense op die dorp mekaar ken nie.

“Ek het nooit gedink dat ek my eerste liedjie sal skryf oor ’n  klein dorpie in die Vrystaat en sy mense nie, maar ek deel ’n stukkie van my hart met dié snit,” sê Carlien.

Die mense in Vrede, vertel sy, groet mekaar altyd met dieselfde woorde: ‘liefde en vrede vir almal.’

“Ek het toe daaraan gedink om ’n liedjie met die titel Vrede in Vrede te skryf, maar eers gedog dat dit ’n bietjie snaaks sou klink. Ek het lekker daaroor gegiggel, maar dit het toe eintlik perfek uitgewerk.”

Carlien het aan die Hoërskool Centurion gematrikuleer,  en het ’n onderwysgraad deur Unisa voltooi.

Sy beskryf haarself as iemand wie se lewe uit ’n simfonie van baie passies en klanke bestaan. Dit sluit die klaskamer, die verhoog en die sportveld in. 

Sy is ook ’n stadsmeisie wat nooit gedink het sy sou die plattelandse “kerse” en dowwe straatligte aanloklik vind nie, maar sedert sy vir die eerste keer op haar broer se aanstaande skoonouers se plaas gaan kuier het, mik-mik haar hart terug na Vrede toe. “As ek die geleentheid kry sal ek vandag my lappe en sakke pak en na Vrede toe verhuis.”

Die enkelsnit word gesamentlik met  ’n musiekvideo op YouTube uitgereik. 

Zander de Beer van Wintertrail Pictures het die musiekvideo vervaardig. “Die karakters in die video is almal inwoners van Vrede, wat vir my oor die jare soos familie geword het. Ons het nie regtig veel aan die musiekvideo beplan nie; ons wou dit so natuurlik as moontlik hou. Die mense het regtig net met hul koelerbokse, visstokke en hout opgedaag en saamgekuier.”

Carlien hoop dat luisteraars (en kykers) dieselfde gevoel van vrede as wat sy op die dorpie kry,  sal ervaar.  

Vrede in Vrede  is ’n snit wat jou saam deur een van die land se mooiste Vrystaatse dorpies gaan laat reis.  Dit is ’n opregte snit wat sonder enige pretensies aan die luisteraar oorgedra word.

Riaan Swanepoel van RS Studio het die snit verwerk en opgeneem. 

Kyk die musiekvideo hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.