Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Sonja Herholdt se tydlose treffer ‘Harlekyn’ herleef ná 45 jaar!

Redaksiespan19 April 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sonja Herholdt is beslis een van die mees erkende musikante wat Suid-Afrika nog opgelewer het. In 1975 met haar eerste treffer, Ek verlang na jou, het sy diep in die harte van Suid-Afrikaners gekruip.

Sonja het vir ses jaar opeenvolgend agt SARIE (South African Recording Industry) toekennings in die kategorieë Beste Vroulike Sanger en Beste Album gewen. Sy het ook twee Lewenslange Toekennings ontvang deur Skouspel (2010) en Huisgenoot Tempo Toekennings (2010).

Deur die jare het Sonja talle albums uitgereik en nie net op eie bodem lof verwerf nie, maar ook oorsee. Sy was die eerste Suid-Afrikaanse sangeres ooit wat genooi was om in Nederland op te tree.

Haar liedjies van Waterblommetjies tot Skipskop is bekend daarvoor dat dit emosie opwek.  Dit is liedjies wat uit die hart kom.


Sonja sê as daar een ding is wat die lewe haar geleer het, is dit dat alles voortdurend verander. Ons het ’n keuse om dit óf te aanvaar – óf die les op die harde manier te leer. Sy het gekies om elke nuwe seisoen in haar lewe te omhels en met dit gesê kan die publiek uitsien na een van daai groot veranderinge.

Daar is inderdaad ’n nuwe wind wat vir Sonja Herholdt se bekende Anton Goosen-treffer, Harlekyn waai.

Sonja het Harlekyn in 1979 vir die eerste keer opgeneem as titelsnit van haar vierde en gelyknamige album. In 1980 word hierdie album bekroon as die Beste Afrikaanse Langspeelplaat van die jaar.

Kerneels Breytenbach het daardie tyd in sy Poprubriek geskryf dat met die liedjie Harlekyn, Sonja haarself vir die eerste keer op die terrein van suiwer Afrikaanse popmusiek bevind. Hy beskryf Harlekyn as wulps en guitig met ’n sterk melodie.

Nou 45 jaar later in die digitale era raak Harlekyn besonders guitig met ’n DJ Sensasie “remix” wat hierdie baanbrekerliedjie opnuut byval sal laat vind by ’n nuwe generasie sonder om die nostalgie te verloor.

Luister na Harlekyn se Remix hier:

Die remix is nie die enigste goeie nuus nie, die ander goeie nuus is dat al Sonja se musiek ook nou digitaal beskikbaar is om te geniet.

  • Luister na haar katalogus hier
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.