Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Luna Paige stel twee albums vry

Redaksiespan17 April 2024
FOTO: Nardus Engelbreght
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die gewilde liedjieskrywer en sangeres Luna Paige het vroeër vanjaar besluit om iets groots aan te pak: in die era waarin daar meestal enkelsnitte uitgereik word, het Luna besluit om nie net een vollengte album nie, maar twee op te neem en op dieselfde dag uit te reik. Aanhangers kan uitsien na die bekendstelling van Luna se Afrikaanse nuutskepping Dis die dors, asook haar nuwe Engelse album Harmony.

Dis die dors is Luna se tweede Afrikaanse solo-album. Paige het die snit Dis die dors as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas. 

Luister na die album hier:

Harmony is Luna se vyfde Engelse solo-album.  Harmony is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied op sy beurt weer die Engelse album in geheel vasvang. Harmony is geskoor op die filosofieë van Plato en Heraclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid. 

Luister na die album hier:

Dit is die eerste keer in 10 jaar wat Luna Paige nuwe solo-werk bekendstel. 

“Ná ietwat van ’n hiatus het ek ’n hele paar liedjies opgehoop – in my moedertaal en in Engels. Na ’n introspektiewe tydperk tydens die pandemie, en baie onvermydelike waarnemings as gevolg van globale gebeure en die ontploffing van die digitale era – het ek gevind dat die liedjies wissel tussen meer intieme en introspektiewe temas oor mens vs natuur; maar ook meer uitlokkende temas wat die dualistiese aard van die self in verhouding tot ander aanspreek. Dit lyk of die Afrikaanse album na die meer introspektiewe neig, terwyl die Engelse album ’n meer dinamiese aanslag (tematies en musikaal) het – wat vir my nogal opwindend is. Aangesien ek van plan is om vir die res van die jaar oorsee te reis, het ek gedink dit is gepas om my aanhangers met genoeg materiaal te los, totdat ek terugkom met my knapsak vol nuwe liedjies. Ek is bly dat ek dit alles kon vermag. Dit voel soos ’n groot wen om my visie om twee albums tot lewe te bring, te sien realiseer,” het Luna gesê.

LEES OOK: Luna Paige stel nuwe enkelsnitte; albums bekend

Die musiek? ’n Eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.

Buiten haar aanlyn bekendstelling, stel Luna Paige ook die volgende produkte beskikbaar:

  • 100 USB-stokkies met beide albums, lirieke, plakkaatontwerpe en 2 musiekvideos teen R450 elk.
  • 100 USB-stokkies met al Luna se musiek (2003-2024), lireke, plakkaatontwerpe en musiekvideos teen R1000 elk.
  • 100 Luna Paige notaboekies met lirieke uit Dis die dors en Harmony. 

Bogenoemde produkte kan vanaf 5 April op Luna se webwerf bestel word of by Luna se opkomende konserte aangeskaf word. Luna Paige sal na afloop van haar bekendstelling na Europa reis.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.