Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Christof van der Berg reis die wêreld vol opsoek na inspirasie vir nuwe liedjie

Redaksiespan17 April 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die sanger Christof van der Berg het Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gesteel met die uitreiking van sy debuut-enkelsnit Wil jy sien hoe lyk die Hemel in November 2023. 

Hierdie geliefde en gesoute kunstenaar het al in meer as 40 lande opgetree, maar hy het onlangs eers musiek in Afrikaans begin skryf en opneem. Christof is tans op sy familieplaas Witkraal, waar hy werk aan ’n vollengte album en dit is ook onder andere die nuusstories van die verfilming van sy eerste enkelsnit se video deur sy plaaswerkers, wat Christof en Witkraal aan ’n groot nuwe Afrikaanse gehoor bekend gestel het. 

Aanhangers kan nou luister na Christof Berg se tweede enkelsnit, Movie.

“Movie is gebore uit ’n persoonlike musikale reise deur die wêreld. Dit het vir my begin as jong pianis op ’n passasierskip. Van die Afrika-kus se vergete stede, na die antieke Viking wêreld van die Skandinawiese lande. Ek het die spontane wêreld van Wes-Europa goed leer ken en myself op talle vrolike eilande bevind. Later Oos-Europa en die ysige koue van Rusland. Die winde van die midde ooste het vir my paaie oopgewaai deur die woestyne van Egipte, Jordanië en die Emirate tot by die mistiek belaaide Indië, waar swerwers van regoor die wêreld stukkies van hulself kom soek het. In Suid-Oos Asië was die warm tropiese nagte gevul met feesvieringe, lanterns en eksotiese kos. In Thailand het ons deur rys-velde gery met motorfietse, verby troppe wilde waterbuffels. In China, Japan en Korea het ons twee deur die strate gewandel en gewonder oor die lewe. Sy het dagboek gehou, ek het liedjies gesoek. Hoe meer plekke, hoe meer raak die vrae en hoe minder belangrik raak antwoorde na die vrae. As ek gevra word wat my beste herinnering is, dan bly dit sy. Daar is baie, ontelbaar baie, maar nie een kan opweeg met die manier hoe sy die sterre kon laat lag nie,” het Christof gesê.

Movie se musiekvideo is ook geskiet op Witkraal, maar anders as in Wil jy sien hoe lyk die hemel, moes die plaas hierdie keer ’n ander baadjie as sy eie aantrek. Die liedjie vertel van die lande waardeur Christof Berg as musikant getoer het, dus moes daar stelle gebou word wat onder andere ’n Arabiese nag, ’n tropiese nag in Thailand en ’n Indiese tempel voorstel. Getrou het die plaaswerker-filmspan weereens ingespring met die bou van die stelle en die kamera werk is gedoen deur Roelof Botha. ’n Italiaanse vriendin van Christof is van die Kaap af Vrystaat toe gevlieg om deel te neem aan die opname en die skoene te vul van die mistieke Italiaanse meisie waaroor die liejdie geskryf is en wat saam met Christof op vele van sy reise was.

Kyk die musiekvideo vir Movie hier: 

  • Christof Berg se nuwe liedjie Movie is beskikbaar op Apple Music en Spotify. 

Christof Berg het ook in Februarie 2024, ’n pragtige weergawe van Koos Kombuis se liedjie Boer in Beton opgeneem. Kyk die video hier:

Kyk hier na die musiekvideo van Wil jy sien hoe lyk die hemel:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.