Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ronald Hart reik nuwe enkelsnit ‘As die storm kom’ uit

Redaksiespan15 April 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vir die eerste keer sedert Bles Bridges en Manie Jackson hulle toetrede tot die Afrikaanse musiekbedryf gemaak het, het ons nou weer ’n minnesanger.

Ronald Hart het onlangs gedebuteer met sy enkelsnit, As die storm kom, en ’n mens kan sommer hoor dat hy sy inspirasie uit die minniliriek- en musiek uit die tagtigerjare geput het.

Hoewel Ronald nie self die lirieke vir As die storm kom geskryf het nie verleen sy stem en persoonlikheid hom daaraan toe om van die snit ’n geslaagde treffer te maak. Die lirieke is pasknap vir sy stem. Hy is ook, soos oumas altoos sê, sag op die oog en met daardie tikseltjie Bles-minnetwang gaan hy vroue se knieë lam maak. 

Die snit handel oor ’n letterlike storm wat oor ’n dorp of stad losbars. Dit beskryf die donker wolke, reën en koue, maar dit kan ook ’n spreekwoordelike storm wees waar ’n minnaar “die sambreel van liefde” word wat sy geliefde teen die lewe se storms beskerm. Hy verklaar dus ook sy liefde: Moenie vir die storms vrees as ek by jou is nie. Ek sal daar wees om jou te beskerm.

Ronald is in Kemptonpark gebore en het ook dáár grootgeword. Hy vertel dat sy liefde vir musiek uit sy kinderdae kom. “Die radio was altyd aan en so het ek kunstenaars soos Rina Hugo, Laurika Rauch en Gé Korsten leer ken.“

Ronald het eers op hoërskool in die skoolkoor begin sing en het op vyftienjarige ouderdom sy eerste enkelsnit opgeneem. “Ek het tot in matriek sanglesse geneem, maar na skool het my paaie my nie dadelik na die verhoog geneem nie,“ sê hy. “Ek het rekenaarwetenskap studeer en het vir ’n paar jaar op my beroep gefokus.’’

Tydens sy studentjare het hy gereeld op Kemptonpark se kuierverhoë opgetree. Hy het ook later musieknaam by privaatfunksies gemaak, maar soos hy sê: “Die veeleisende beroepslewe eis soms sy tol en ’n mens kan nie altyd jou drome uitleef nie.”

Ronald het so ’n paar maande gelede besluit dat die verhoog en die opname-ateljee roep en hy het drie liedjies geskryf. “Ek het besef dat musiek altyd deel van my sal wees; dit is iets wat ek nie kan ontken nie. Ek het intussen ook weer sanglesse begin neem.”

Infinity Studios in Pretoria het die snit opgeneem en tegnies versorg en Drienei Joubert-Kelly het die liedjie geskryf. 

As die storm kom is ’n nostalgies tog baie hedendaags. Dit is ’n liedjie wat die boodskap oordra dat ’n mens nooit alleen deur die storms hoef te gaan nie. 

Luister na ’n voorskou hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.