Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Marcel Dalmayda beïndruk die wêreld met nuwe musiek

Redaksiespan15 April 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Marcel Dalmayda het faam bereik deur aan kompetisies deel te neem soos The Voice SA en ook Idols. Hy het ook al verskynings gemaak op programme soos Musiek Roulette en is geen vreemdeling in die musiek bedryf nie.

Marcel se liefde vir musiek het al wortel geskied toe hy vyf jaar oud was en daarna kon hy nooit ophou sing nie. Hy is nie net talentvol op ʼn verhoog nie, maar ook op die sportveld en was ʼn kraninge rugbyspeler op sy universiteitsdae. Sy talent was raak gesien en hy het vir TUKS rugby gespeel, maar hy het al op die ouderdom van een en twintig besluit dat hy eerder ’n voltydse loopbaan uit musiek wil maak.

Marcel het na jare se sing besluit om sy kortspeel album getiteld, Wat is die Werêld, vry te stel. Die album se naam is afkomstig van die titelsnit. Marcel verklaar, “Wat Is Die Werêld is eintlik ’n lied wat al jare terug geskryf en vrygestel is, maar ek het besluit om die lied oor te doen en nuwe lewe daarin te blaas.” Die lied verskyn ook twee keer op die kortsnit album, maar is akoesties gedoen die tweede keer.

Verder voel Marcel dat geen lied meer spesiaal is as die ander op die album nie en dat elkeen sy plekkie in die son verdien. “Wat is die Wêreld is defnitief ’n lied wat nie regtig sy plek in die son gekry het nie en is na my mening ’n briljante lied”, verklaar Marcel en is hoopvol dat die lied met sy nuwe baadjie, nuwe sukses sal ervaar. Verder is die lied Kan Jou Nie Verloor ook na aan sy hart en hy vertrou dat dit ook met luisteraars sal praat.

Al die liedjies op die album is geskryf saam met Louwrens Bezuidenhout wat ook die vervaardiger was daarvan. Marcel meen dat die opneem proses groot pret was en dat daar gedurig gelag en gespot was. As kunstenaar voel Marcel dit is belangrik dat mens ontspanne is in die opneemateljee anders gaan jy nie jou beste kan lewer nie.

Marcel se musiek is baie geinsipreer deur internasionale kunstenaars en musiek waarmee hy groot geword het. Musiek van Queen, Guns ’n Roses en Bon Jovi het ‘n groot impak gehad op hom. Verder meen hy, “In Suid – Afrika is mense soos Steve Hofmeyr vir my ’n groot inspirasie en sal ek graag nog saam met  hom wou werk aan iets.” Hy  admireer ook skrywers soos Koos Kombuis, Valiant Swart en Jan Blohm.

Marcel het ’n besonderse stem en stemontvang en mens kan hoor dat hy klassieke opleiding ontvang het om sy stem te bevorder. Hy meen dit het die fondasie geskep vir sy sang tegniek en hom geleer hoe om korrek asem te haal. Hy som sy stem op as, “Iets tussen Axl Rose, Freddie Mercury, Steven Tyler en Adam Lambert.

In die toekoms sal Marcel graag soveel as moontlik nuwe goeie musiek vrystel en sal hy ook op groot verhoë wil sing. Hy verklaar dat hy gaan aanhou volhard en skryf, opneem, vrystel en optree om sy sang droom te verwesenlik. Marcel se ‘rocker’ stem en verhoog persoonlikheid sal sorg dat hy nog diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf sal trap.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.