Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Die Kaplyn terug op die planke; ontvang sewe Naledi-nominasies

Redaksiespan9 April 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die nominasies vir die Naledi-teatertoekennings vir 2023 is pas bekendgemaak en Die Kaplyn-musiekblyspel, ’n AfriForum-produksie uit die pen van Jannes Erasmus en Johan Vorster, is vir sewe toekennings genomineer. Dié produksie het benoemings ontvang vir onder meer die beste musiekblyspel- of musiekteaterproduksie, die beste manlike hoofrolvertolking in ’n musiekteaterproduksie (Abel Knobel), die beste ensemble in ’n musiekblyspel en die beste oorspronklike klankbaan, verwerkings of klankskap (Johan Vorster en Jacomien de Wet).

Erasmus is genomineer as die beste regisseur van ’n musiekteaterproduksie vir Die Kaplyn, terwyl Dihan Keun vir sy rol in dié produksie genomineer is as beste manlike byspeler in ’n musiekteaterproduksie. Pieter-Louis van Twisk is genomineer vir die beste klankontwerp vir Die Kaplyn. Van Twisk het verlede jaar die Naledi-toekenning in dieselfde kategorie opgeraap vir sy werk in die AfriForum-produksie Die Gelofte.

Die Kaplyn het verlede jaar vir die eerste keer op die planke gekom in die AfriForum Teater in Pretoria en keer binnekort terug vir ’n tweede speelvak wanneer die produksie vanaf 26 April by dieselfde teater begin. Dit speel af teen die agtergrond van die destydse Grensoorlog en word in samewerking met Inhoud Huis Musiek aangebied. Vorster en De Wet het die blyspel se musiek en lirieke behartig, terwyl Francois Lessing weer aan die stuur van orkestrasie is. Erasmus staan aan die stuur van die produksie se teks en regie.

“Ek is baie dankbaar dat ons die voorreg het om te doen waarvoor ons lief is en dít saam met vriende wat familie geword het. Die Naledi-teatertoekennings is basies dieOscarsvan ons land se teaterbedryf en daarom is dit ’n enorme voorreg dat die Naledi-beoordelaarspaneel soveel aanklank kon vind by ons musiekblyspel. Ons besef die Here is nog nie klaar met Die Kaplyn nie. Vir elkeen van ons sewe nominasies is daar in ons volgende speelvak ook sewe weke en die grootste geskenk sal wees om dit met gehore in ’n volgepakte AfriForum Teater te deel,” verduidelik Erasmus.

“Dit was weer eens ’n voorreg om saam met Jacomien de Wet die musiek te skryf vir Die Kaplyn. Ons is baie dankbaar vir die nominasie,” sê Vorster.

“AfriForum is trots daarop om Die Kaplyn, ná die sukses van die vorige speelvak, weer binnekort op die planke te kan bring by die AfriForum Teater. Ons teater is juis geskep om as tuiste te dien vir Afrikaans, ons kultuur én geskiedenis. Dit is dus gepas dat ’n vernuwende musiekblyspel oor die Grensoorlog en die opofferings van ons voorgeslagte weer ’n tuiste by AfriForum Teater vind,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Met dié nominasies bou AfriForum Teater en Inhoud Huis Musiek voort op die sukses wat met die gewilde musiekblyspel Die Gelofte behaal is. Dié musiekblyspel is verlede jaar in tien kategorieë vir Naledi-teatertoekenningsgenomineer.

Volgens Carien Bloem, hoof van Kommunikasie en Openbare Skakeling by AfriForum Teater, bewys die sukses wat musiekblyspele by AfriForum Teater bereik dat “AfriForum Teater nie net dié tuiskomplek vir Afrikaanse kunste is nie, maar ook vir Afrikaanse musiekblyspele. Ons is baie trots op Die Kaplyn en dit is wonderlik om weer in soveel kategorieë genomineer te wees vir die Naledi-teatertoekennings,” verduidelik sy.

Die Kaplyn se nominasies vir die Naledi-teatertoekennings is soos volg:

  • Beste ensemble in ’n musiekblyspel: AfriForum Teater en Inhoud Huis Musiek vir Die Kaplyn (AfriForum Teater)
  • Beste oorspronklike klankbaan, verwerkings of klankskap: Johan Vorster en Jacomien de Wet vir Die Kaplyn (AfriForum Teater)
  • Beste klankontwerp: Pieter-Louis van Twisk vir Die Kaplyn (AfriForum Teater)
  • Beste regisseur van ’n musiekteaterproduksie: Jannes Erasmus vir Die Kaplyn (AfriForum Teater)
  • Beste manlike byspeler in ’n musiekteaterproduksie: Dihan Keun vir Die Kaplyn (AfriForum Teater)
  • Beste hoofrolvertolking in ’n musiekteaterproduksie (manlik): Abel Knobel vir Die Kaplyn (AfriForum Teater)
  • Beste musiekblyspel- of musiekteaterproduksie: Die Kaplyn (AfriForum Teater)

Die Kaplyn word vanaf 26 April tot 9 Junie 2024 in die AfriForum Teater opgevoer. Kaartjies is hier beskikbaar: www.afriforumteater.co.za.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.