Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Sharoney vier ’n dekade van musiek met nuwe baadjie vir haar eerste enkelsnit

Redaksiespan5 April 2024
Sharoney
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sharoney word reeds vir ’n dekade lank geken aan haar borrelende persoonlikheid. Haar liefde vir die lewe is net so indrukwekkend soos die passie en talent waarmee sy elke liedjie wat sy opneem aanpak… niks het intussen verander nie en sy bewys dit weereens met die heruitreiking van haar debuut-enkelsnit, Een Keer, ter viering van die afgelope tien jaar. 

Volgens dié agt-en-twintig-jarige sangeres, deesdae van Brits in die Noordwes, is hierdie nuwe vrystelling van haar eerste enkelsnit – waarmee haar loopbaan in 2013 afgeskop het – haar manier om ondersteuners te bedank vir die afgelope tien jaar. Sy sê dat elke plek op ’n trefferlys en elke toekenning aan haar aanhangers behoort, omdat hulle die vlerke is wat haar reeds ’n dekade lank dra. 

Die liedjie is in 2013 deur Hugo Ludik geskryf as haar debuut en die 2024-weergawe is deur Ferdinand Skead aangepas om elke sokkieliefhebber se voete behoorlik te laat jeuk.

Sharoney sê min dinge het die afgelope dekade verander en dat musiek nog steeds haar hart warm laat klop. Sy vertel dat Een Keer altyd haar eerste liefde sal bly, alhoewel haar heel eerste opvatting van die lirieke met tyd verander het. 

“Wanneer jy jonk is dink jy dat liefde aan ’n persoon gekoppel moet word, maar namate jou reise om die son vermeerder, verander die ‘gesig’ van liefde.” 

Hierdie ronde beteken Een Keer vir haar daardie EEN ding in die lewe wat altyd joune sal bly wanneer dit eers in jou hart kom nesskop… en dis presies hoe sy oor haar musiekloopbaan en al sy fasette voel. 

Die liedjie is egter nie die enigste ding in haar lewe wat ’n nuwe baadjie aan het nie. Sy glo nog altyd in een kans… een geleentheid wat die trajek van jou lewe ten goede kan verander en sy verwys borrelend na die destydse Ghoema-nominasies vir haar debuut-album In Ons Fairytaile as voorbeeld… “Daardie nominasie het my lewe verander!” lag sy.

Hierdie jong vrou is geen vreemdeling wanneer dit by verandering kom nie en is nie bang om die geleenthede aan te gryp wat oor haar pad kom nie. Sy het sedert haar toetrede tot die Afrikaanse musiekbedryf, aan die einde van haar matriekjaar in 2013, as naaswenner uit ’n realiteitsreeks gestap, haarself gekwalifiseer as grimeerkunstenaar, ’n BA-graad in kommunikasiewetenskappe verwerf en meer onlangs haar honneursgraad in mediastudies voltooi.

Sy vertel geesdriftig dat sy hierdie gereedskap eersdaags gaan inspan wanneer sy die korporatiewe wêreld betree. Eie aan haar waaghalsige aard, vertel sy dat die musiekbedryf elke bang haar van jou kop verwyder en dat sy dit nog EEN KEER gaan waag met die aanvaarding van ’n posisie as bemarkings- en geleentheidskoördineerder vir ’n baie bekende handelsnaam. Hiermee saam trek sy self ’n nuwe baadjie aan, en met ’n paar hofskoene en ’n aktetas in die hand beplan sy om haar merk te maak. Sy sê haar geloof lê steeds in die belofte van Jeremia 29:11 en deesdae besef sy dat dié planne baie groter is as wat haar wildste gedagtes ooit was.

Sy verduidelik vinnig dat dit nie die einde van haar musiek is nie, maar wel die begin van ’n gediversifiseerde leefstyl waarin al die liefdes van haar lewe vir EEN KEER hande vat. Sy is baie opgewonde oor haar toekoms as musikant en nuwe rol as besigheidsvrou. 

Met die selfvertroue van ’n volwassene voltooi Sharoney haar metamorfose van jong meisie na vrou en die vonkel in haar haselneut-oë herinner jou dat sy niks halfhartig aanpak nie ook nie hierdie nuwe seisoen van nuwe geleenthede nie, want vir haar is haar liefdes wat in die sterre neergeskryf is meer as genoeg tot die einde van dae…

Luister hier na die nuwe verwerking van Een Keer:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.