Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Posduif se nuwe album en enkelsnit versprei soos ’n veldbrand

Redaksiespan5 April 2024
FOTO: Altin Ferreira
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die lang wag is uiteindelik verby, want die gewilde musiekgroep, Posduif, is terug in die kollig met ’n vuurwarm enkelsnit en splinternuwe album wat aanhangers se grootste verwagtinge gaan oortref.  

Hulle nuutste treffer, Brandstigter, uit die pen van James Boland en Nick Jordaan, beloof om die vonke behoorlik te laat spat en is reeds besig om soos ’n veldbrand onder musiekliefhebbers te versprei.

“Dit is ’n Bonnie en Clyde-storie oor passie, jong liefde en om jouself in die oomblik van verlief wees te verloor,” verduidelik Boland. “Dit is daardie gevoel wanneer jy iemand ontmoet wat jou hele wêreld verander, daardie een persoon wat die vuur in jou aansteek, jou brandstigter.”

Die groep glo dat die liedjie by luisteraars sal aanklank vind omdat dit opgewek is en omdat die passie daarvan in die musiek en melodie gevoel kan word. “As jy verlief is of al verlief was, of droom van ’n wilde liefde wat jou wil laat uitskree, as jy weet of wil weet hoe dit voel om jouself in iemand te verloor en waar julle al die reëls wil breek, dan is hierdie liedjie vir jou,” verduidelik hulle. 

Kyk die liriekvideo vir Brandstigter hier: 

Brandstigter is ook die titelsnit van Posduif se splinternuwe album wat deur Brendan Campbell vervaardig is. Die enkelsnit is aanduidend van die aard van die res van die album – lewendig, energiek, passievol – en vang die groep se gevoel oor die album vas.

“Elkeen van ons leef met passie en gee alles. Ons het Brandstigter as die titelsnit en eerste enkelsnit gekies want dit is ’n liedjie wat daardie gees vasvang, een wat ons kliphard wil speel, en met ’n liefdesverhaal wat ons wil hê almal moet ervaar,” verduidelik Boland. 

Hy voeg by: “Die album is ’n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en ’n voetfout. Dit is oor laat kuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan. Dan is daar omgee, familie, jou hart se diepste geheime en liefde vir jou kinders. Dit is nege liedjies wat jou op ’n rit vat en elkeen is ’n storie – jy moet na almal luister om die volle verhaal te ervaar.”

Volgens Boland het dit die groep sowat ’n jaar gevat om die album te voltooi. “Dit was ’n lekker album om aan te werk en ons het elke deel geniet. Skryf is ’n ongelooflike proses waar jy ’n stukkie van jou lewe kan deel, terwyl die produksie en opname kreatief en opwindend is.”

Alhoewel meeste van die snitte deur Boland en Jordaan geskryf is, het hulle ook nou saam met die res van die groeplede, Nate Woodman, Marc Brendan en Don Kelly (Lang Storie Kort) gewerk.

LEES OOK: Ons gesels met die manne van Posduif

Posduif is in 2018 gestig en het hulle debuut gemaak met die liedjie Brandy Special, wat meer as 400 000 trefslae op sosiale media gehad het. Sedertdien, het hulle verskeie ander treffers vrygestel en is hulle deur Bok Radio benoem as Groep van die Jaar en vir Liedjie van die Jaar. Hulle vorige album, Niks Vergelyk, het in 2022 die SAMA gewen vir beste pop-album.

Die groep bestaan uit Boland (hoofsanger en kitaarspeler), Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie op die dromme.

Met die vrystelling van hulle nuwe album sien hulle daarna uit om soveel as moontlik op te tree, met twee toere – een langs die kus af en een in Namibië – op die kaarte. Hulle werk ook aan twee musiekvideo’s.

“Ons is so opgewonde om hierdie nuwe album met mense te deel en weer ons stories te vertel,” sê Boland oor Brandstigter. “Ons is ongelooflik dankbaar dat ons musiek tot dusver so goed ontvang is en hoop mense geniet die nuwe album.”

Posduif het ook hulle nuwe album met ’n vuurwarm luistersessie aan uitgesoekte gaste en media bekendgestel op 3 April by Whisk Wine Bar in Centurion. Onder die gaste was bekendes soos Hugo Ludik, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Bartlo, Mack Rapapali, Albert Bredenhann, Nastassja Ras, Rowan Zerf, Charlize Berg, Stephan van Huysteen, Diaan Daniels, Luan Jacobs, Annelie Bouwer, Francois van Resburg, Eloff, Cobus Visser, Hildegard Havenga en vele meer wat die groep kom ondersteun het. 

Diaan Daniels, Nastassja Ras en Albert Bredenhann. FOTO: ByEvanCaptures
Luan Jacobs, Annelie Bouwer en Francois van Rensburg. FOTO: ByEvanCaptures
Barthlo Visage, James Boland en Demi Lee Moore. FOTO: ByEvanCaptures
Charlize Berg en haar man. FOTO: ByEvanCaptures
Eloff, James Boland en Nick Jordaan. FOTO: ByEvanCaptures

Brandstigter is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.