Soos die derde seisoen van die kykNET-werklikheidsreeks Op My Eish! waarin Brendan Peyper na liefde soek tot ’n einde kom, stel hy nuwe musiek vry.
Brendan stel ’n kortspeler wat uit sewe snitte bestaan vry. Omdat Jy Mag is die titelsnit van hierdie kortspeler en die eerste enkelsnit Madelein word ook saam met die kortspeler vrygestel.

Die musiekvideo wys ook ’n heel nuwe kant van Brendan. “Maak jou gereed om sy onmiskenbare charisma te aanskou! Bonuspunte – Brendan het elke liedjie op die kortspeler self geskryf, wat sy talent as sanger, musikant en storieverteller beklemtoon,” het Hendrik Spangenberg, bemarking spesialis by Sony Musiek gesê.
Kyk die musiekvideo vir Madelein hier:
