Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Ruan Josh is terug met ’n splinternuwe album

Redaksiespan29 Maart 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ruan Josh is terug met ’n splinternuwe vollengte album, Wysers. Dit sewe jaar na die uitreiking van sy debuut-album, Eggo. 

Die vrystelling van Wysers is ’n besonderse mylpaal in sy musiekloopbaan. Wysers is ’n samestelling van 13 liedjies wat ’n dieper insig gee na Ruan Josh se lewe en menswees.

Sy fokus vir die album was dat elke liriek en melodie van elke liedjie ’n storie moet vertel en deel. Die album is ’n samevloeiing van verskeie genres van sokkie en country tot rock en pop.

LEES OOK: Covid-19 verliese inspireer Ruan Josh se nuwe vrystelling

Die album sluit treffers in soos die enkelsnitte Ligte Af, Ek Sukkel en die duet met Franja du Plessis, Net Hier Bly. Hy bederf ook weer met ’n paar dieper en emosionele liedjies soos Provider, Vat Die Houe en Dear God. Aanhangers kan beslis ook ’n verrassing of twee op die album verwag.

Wysers sal op 29 Maart op digitale platforms beskikbaar wees. Die musiekvideo vir Dear God is reeds Sondag uitgereik as ’n voorsmakie vir die album. Daar is wel ook fisiese CD’s beskikbaar vir diegene wat die sentiment van ’n harde kopie waardeer.

Kyk die musiekvideo vir Dear God hier: 

“Ek sien uit na die reaksie van gehore en is veral opgewonde om hulle terugvoer op die musiek te hoor. Ek glo dat musiek ’n manier is om ’n band met my ondersteuners te bou en hulle te inspireer om die lewe ten volle te geniet,” vertel Ruan.

Buiten die nuwe album is Ruan Josh ook vanjaar weer op toer saam met Franja du Plessis. Hul eerste optredes saam in meer as twee jaar. Hulle toer ondermeer deur die mooie Suid-Afrika en ook na Namibië.

Enkele statistieke van Ruan:

  • Sy debuutalbum Eggo (2017) het Goue Status bereik met verkope van meer as 15 000 eenhede in 2023.
  • Provider is al meer as 3 miljoen keer gestroom en gekyk.
  • Voor die vrystelling van die album het Wysers al meer as 6.4 miljoen strome en kyke ontvang met die enkelsnitte en musiekvideo’s reeds uitegreik, wat dit halfpad na Goue Status bring voor die volle vrystelling op 29 Maart.
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.