Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Rowan Zerf vang die vakansiegees met sy eerste solo-enkelsnit!

Redaksiespan28 Maart 2024
FOTO: Quintin van der Merwe
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Dis vakansie en baie mense stroom na die strand om die laaste bietjie somerson te vang voordat die winter dit verjaag.

Met sy eerste solo-enkelsnit, waarmee hy na tien jaar uiteindelik sy terugkeer na die musiekbedryf maak, het die gewilde musikant Rowan Zerf dit reggekry om die perfekte treffer op te tower wat gaan koning kraai op elke kuier-speellys.

Volgens hom gaan die liedjie oor ’n meisie op die strand wat hom die koue skouer gee, omdat sy net daar is om in die son te lê en bak en daarom is die titel van die snit – heel gepas – Net Hier Om Te Tan.

Hierdie liedjie, wat hy saam met sy boetie Chad geskryf en saam met Robin Kielly vervaardig het, is sy poging om op ’n tong-in-die-kies-manier kommentaar te lewer oor mense se beheptheid met sosiale media.

“Mense is deesdae so behep met hulself en hul beeld op sosiale media. Likes en volgelinge het die nuwe geldeenheid geword en hierdie snit is om mense te herinner om partykeer hulle fone neer te sit en te kyk waarop hul dalk in die regte lewe uitmis,” verduidelik hy. “Dis nie baie diep nie, dis net pret. Die musiek is lekker, die melodie sing maklik saam en die musiekvideo maak dit nog meer aanloklik.”

Die video speel af op ’n pragtige strand in die Kaap en is verfilm deur Quintessential Photo & Video Worx.

Net soos die liedjie, versinnebeeld dit ’n heerlike opgewekte kuieratmosfeer met mense wat saam met die sanger dans en sing op die strand, amper net soos ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die Barbie-fliek.

Alhoewel hulle as gevolg van slegte weer net ’n paar ure gehad het om die opname te doen, is die eindproduk perfek en kry dit beslis reg om die kyker in te trek en te laat deel voel van die aksie.

Kyk die musiekvideo hier:

Zerf wou ’n musikant wees vir solank as wat hy kan onthou en het reeds op 16 as klankingenieur op projekte gewerk by die Staatsteater in Pretoria.

Dié gesoute kitaarspeler en sanger het in 2011 sy amptelike buiging in die musiekbedryf gemaak as deel van die voormalige gewilde mansgroep NRG, maar het sowat tien jaar gelede sy musiekdroom vir die liefde verruil.

Vanaf Augustus 2023 is die 40-jarige Pretorianer egter weer voltyds terug in die bedryf en het op die dag van die Wêreldbeker-eindstryd ’n liedjie geskryf wat meer as ’n miljoen trefslae op TikTok gehad het.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, geniet hy die bosveld en beplan om binnekort die land plat te toer saam met sy orkes.

Net Hier Om Te Tan is net die begin van ’n opwindende nuwe hoofstuk in hierdie veelsydige kunstenaar se loopbaan en ’n mens kan nie anders as om uit te sien na wat hy volgende gaan doen nie.

Die liedjie word versprei deur Platinum Music en is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.