Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Anzelle se nuwe liedjie gaan voete laat jeuk

Redaksiespan1 Maart 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Anzelle is seker een van die mees belowende jong opkomende kunstenaars in ons land. Al is sy net 20 jaar oud het sy dit alreeds reg gekry om ’n groot impak op mense te maak met haar buitengewone sangtalent.

Na die sukses van haar debuut enkelsnit, Klein Botteltjie Groot Gif en haar tweede enkelsnit, Lawaaiwater, is sy terug met ’n nuwe liedjie Slegte Invloed en dit gaan julle voete behoorlike laat jeuk.

LEES OOK: Anzelle skink ‘lawaaiwater’ vir ’n goeie tyd

Baie van ons was al vasgevang in ’n verhouding wat jy weet nie goed is vir jou nie. Slegte Invloed gaan oor ’n meisie wat so verlief is op hierdie ou en hy op haar maar hy doen al die verkeerde dinge wat teen haar beginsels is en sy weet hy is ’n slegte invloed maar sy kan nie ophou terug gaan na hom toe nie.

Slegte Invloed is geskryf deur twee talentvolle skrywers wat geen bekendstelling meer nodig het nie. Hugo Ludik en Nick Jordaan van Muse Studios het weer “magic” gemaak net soos hulle kan.

“Dit was vir ons ’n groot voorreg om met hierdie klein botteltje, groot gif te kon werk. Anzélle is ongelooflik talentvol, met internasionale eienskappe en kwaliteite aan haar stem, het ons met die rigting van die liedjie besluit om ’n bietjie van ’n internasionale baadjie aan te trek, maar dit nogsteeds ’n lekker sokkie ‘vibe’ te gee, sodat die Afrikaners se voete kan jeuk,” het Hugo gesê.

“Anzelle het die mikrofoon gevat en die liedjie heeltemal haar eie gemaak. Sy bring soveel energie en persoonlikheid na die lied. Haar stem pas perfek by die opgewekte ‘vibe’, wat die lied nie net aansteeklik nie, maar oorweldigend maak. Sy is ’n totale vuurpyl, en haar talent as ’n sanger skitter,” het Nick gesê.

Slegte Invloed is die klankbaan vir daardie oomblikke wanneer jy net nie die aantrekkingskrag van ’n liefde wat ’n bietjie, wel, ingewikkeld is, kan weerstaan nie.

Anzelle is gebore om op die verhoog te wees. Die toekoms lyk blink vir ’n buitengewone kunstenaar soos sy en ons kan nie wag om te sien wat die res van haar toekoms vir ons inhou nie.

Luister Slegte Invloed hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.