Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Zondagkraal se nuwe musiekvideo vir lied ‘Ongenooide Seën’ uitgereik

Redaksiespan26 Februarie 2024
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die plaasrockgroep Zondagkraal is na hulle eerste twee enkelsnitte, Blom en Brandweerwag, net so bekend soos ’n Brahman-stoetbul by veilings. 

Dit is egter nie net die plaas- en landelikegemeenskappe wat aanklank by hulle unieke soort rock vind nie, maar ook die millenniërs  wie se duime al blou “gelike’’ is op sosialemediaplatforms.

Ongelukkig hou hulle onderskeie plaasprojekte die groep baie besig en jy sal hulle nie sommer op een van ons musiekverhoë in aksie sien nie. Hulle is soos ongemaskerde musieksmaakmakers wat ons orals op sosiale media kan sien en hoor, maar van wie ons nie foto’s kan neem of handtekeninge vra nie – dit kan ook moontlik die rede vir hulle ongekende sukses wees.

Hulle jongste enkelsnit, Ongenooide seën, is ook weer ’n eiesoortige liedjie wat ook nie afwyk van hulle resep om  Bybelse simboliek iewers by  hulle lirieke in te werk nie. 

Hoewel hulle nie ’n gospelrock-groep is nie, kom daar altyd bedekte verwysings na versreëls uit die Bybel voor.  Die seën waarna die lirieke verwys kan ook vertolk word as die “ongenooide seën” wat almal van ons daagliks in ons eie lewens sien. 

Hannes het dié snit neergepen. “Die liedjie handel oor ’n lewensreis; die mense wat ons langs die pad ontmoet en vriendskappe wat gevorm word. Dit is ook ’n snit wat ons aan nou, maar ook aan die ewige lewe sal laat dink.” 

Ongenooide Seën vertel nie nie net die storie van hoop nie, maar ook van skepe in die nag wat ons dalk nooit weer gaan sien nie.

Die trefkrag van die snit lê in die eerlikheid, treffende klank, opwindende en progressiewe orkestrasie (ligte rock, en ’n skeut melancholies folk wat in kontemporêre styl verpak word) en suiwer vokale vertolkings.

Zondagkraal het verlede jaar hul toetrede tot die Afrikaanse musiekbedryf met die snit Blom gemaak. Die snit is beskryf as een van die beste rocksnitte wat toe uitgereik is. 

Hulle het middel Februarie ook ’n musiekvideo van die snit op YouTube bekendgestel wat binne drie dae al bykans ’n duisend unieke trefslae gekry het. Die kykerskommentaar wissel van “Amazing, song, amazing video’’ en “Ek love dit.’’

Hannes en Roelf het op die naam Zondagkraal besluit, want eerstens beteken die woord “dag van rus” en tweedens simboliseer dit hulle diep geloof in die Here. Kraal beteken weer “plaas” – ’n plek waar hulle bly en werk; lag en huil.

Die drie musiek-indoenas is almal plaasmense en hulle grootste droom is om eendag hulle eie grond te besit. Die naam sal dan ook  Zondagkraal wees.

Musiekresensente beskryf hulle eiesoortige musiek as plaasrock, ’n musiekgenre wat stories vertel in ’n folk-rockerige styl.

Ongenooide seën is weereens  sterk liriekgedrewe en Hannes se diep “bulkende“ tenoorstem is  soos ’n onrustige wind wat dinge in ’n mens se siel loskarring. 

Kyk hier na die video vir Ongenooide Seën: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.