Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Nadine Blom sing oor wat liefde regtig is

Redaksiespan26 Februarie 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

As daar een ding is waarvan Nadine Blom seker is, is dit dat elke mens gebore is met die behoefte aan gesonde menslike konneksie en dat liefde van die regte persoon genesingskrag het.

Daarom is dit die boodskap van haar jongste enkelsnit, Dis wat liefde is. Nadine het besluit om die wenresep van haar onlangse treffer “Nuwe Liefde” te volg, en het hande gevat met sangers en liedjieskrywers Janie Bay en Hunter Kennedy om “Dis wat liefde is” te skryf. Die liedjie resorteer in die “synth-sparkle pop” genre. Dis wat liefde is se produksie is hanteer deur Ruan Graaff van Dee Graaff Productions en die meestering is behartig deur Ewald janse van Rensburg.

Nadine is nie net al vir meer as twee dekades ʼn bekende op die Afrikaanse musiektoneel nie, maar is ook bekend as TV persoonlikheid, radio-omroeper en voormalige Mev. Verenigde Nasies (2006).

Dis wat liefde is handel oor die mens se soeke na ʼn spesiale iemand in jou lewe.

“Daar is verskillende soorte liefde, die liefde waarna hier verwys word is egter gesonde liefde, onvoorwaardelike, onselfsugtige liefde,” verduidelik Nadine.

“Dis wat liefde is se lirieke som liefde soos volg op: “Saam kan ons breek, Saam kan ons hoop, Dis wat liefde is, oe hoe hoe, Dis wat liefde is, Dis die soet en die sout, Dis die warm en die koud, Dis die saam word ons oud, Dis wat liefde is”.

Die liedjie kondig vir die rooikop-sangeres ʼn tipe van ʼn persoonlike oorwinning aan.

“Ek is nie meer bang vir alleen wees nie, ek is nou oukei met my eie geselskap. Ek soek nie meer iets of iemand om my gelukkig te maak nie, ek is gelukkig op my eie.”

Die doel van Dis wat liefde is, is om hoop te bring en mense wat al lank die alleenpad stap op te hef met positiewe lirieke en ʼn polsende ritme wat jou spontaan dansvloer toe sal lok.

Die musiekvideo vir Dis wat liefde is, vertel die verhaal van iemand wie se lewe op ʼn goeie plek is, wat haar lewe gebou het om haar behoeftes en dit waarin sy glo en wil wees.

“Sy droom so bietjie in haar kop oor die moontlikheid van iemand in haar lewe saam met wie sy spesiale tye kan hê, iemand met wie sy die soet en die sout van die lewe kan deel, maar wonder of daar so iemand sou wees, wat haar hart na waarde sal hanteer,” sê Nadine oor die konsep van die video.

Noulen Basson het die video geskiet en vervaardig. Deon Basson het geassisteer en ook die rol van Nadine se denkbeeldige geliefde vertolk. Die video is geskiet op die Damarakloof-landgoed, met wingerde en beeste op die plaas. Nadine noem ook dié kleinhoewe haar huis. “My siel rus daar.”

Nadine droom daarvan om vir nog baie jare goeie musiek te skryf, op te neem en te sing vir die Afrikaanse mense.

Sy beplan ʼn groot jaar vir haar musiekloopbaan. Haar vorige enkelsnit getiteld “Nuwe Liefde” het uiters goed gevaar op Afrikaanse treffersparades. 

Kyk die musiekvideo hier:

Meer oor die kunstenaar:

Nadine Blom is ʼn bekroonde kunstenaar, wat spog met twee SAMA toekennings, ʼn Bokkie-toekenning, ‘n Afri – Indie-toekenning en ʼn Ghoema toekenning agter haar naam.

Nadine het op vierjarige ouderdom begin klavier speel en is nou sowat 20 jaar in die musiekbedryf en ‘n jaar in die radiobedryf doenig.

Haar debuut-uitreiking, “Veer”, het 13 oorspronklike en liriekgedrewe snitte uit haar eie pen bevat. Sy word geïnspireer deur werklike ervarings. 

Nadine het self ʼn veelsydige musieksmaak en luister van Sting tot Bach, Gian Groen, Bob Dylan en Diana Krall, John Mayer en Chris Isaak, Nina Simone en Norah Jones.

Sy is ook elke weeksoggend as omroeper op die Kaapse radiostasie Bok Radio te hoor. Nadine hou ook haarself besig met vrouewerkswinkels regoor die land.  

Nadine tree gereeld op as MC en lewer ook nasionaal akoestiese vertonings, alleen asook saam met ander kunstenaars wanneer die geleentheid homself voordoen. Sy begelei haarself op klavier tydens hierdie vertonings. Die sangeres is mal oor dié vertonings aangesien dit haar ʼn  “volsirkel-oomblik”-gevoel gee, want dit is hoe sy haar loopbaan afgeskop het, maar ook waar sy op haar gelukkigste is – agter die klavier.

Nadine is ook ʼn toegelate prokureur en het ʼn meestersgraad in mensehandel en kuberveiligheid voltooi. Sy gebruik die kennis wat ek opgedoen het in haar skooloptredes en spreek aanlynveiligheid van kinders aan deur haar musiek. Sy het gedurende 2023 bykans 24 000 leerders toegespreek oor Aanlynveiligheid en Tienerselfmoordbewusmaking gedoen regoor die land.  

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit
Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Dirk van der Westhuizen laat die harte klop met nuwe enkelsnit

5 September 2026

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.