Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Steve Hofmeyr roer hartsnare met nuutste enkelsnit

Redaksiespan17 Februarie 2024
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Steve Hofmeyr is reg om luisteraars se hartsnare te roer met sy nuutste enkelsnit, Romy, wat pas vrygestel is. 

Dié liedjie dateer uit toeka se dae en het weer dieper betekenis by Steve gekry toe sy eie klein prinses, Romy-lee, in sy lewe gekom het. 

“Ek onthou hoe ek as kind nie altyd die oorspronklike liedjie, Cindy, se woorde verstaan het nie. Maar dit kom bitter gou na jou toe sodra jy kinders kry, veral ’n dogter, wat eie aan ons aard, jou eendag sal inruil vir ’n jong minnaar vol beloftes,” het Steve vertel. 

Steve het konsertgangers die afgelope ruk reeds bederf met Romy en die terugvoer was reeds oorweldigend. 

“Dié lied het ’n manier om mammas, pappas, ouma en oupas tjoepstil te los,” het hy bygevoeg. 

“En as jy dit hoor en jy is ouer as vyftig, herken jy die deuntjie dadelik. Die seerste lyntjie is ‘En in jou hart se nuwe woning, is my liedjies uit jou drome, dans jy in sy arms van my weg’….” 

Volgens Steve het die liedjie ’n betekenis waarvan almal so ietsie verstaan – die liefde vir kinders, hulle weerloosheid en die leë nes-sindroom en wie weet, om later vergeet te word.

Hy vertel laggend dat hy ook so bietjie ballet in die baie spesiale musiekvideo saam met Romylee doen. 

“Dit het oortuiging gekos, maar Romy-lee het uit eindelik daarin gespeel. Sy doen ballet en ek speel klavier. In werklikheid is die pragtige klavierklanke Rocco de Villiers se handewerk,” het hy vertel. 

“Ons het ’n dansskooltjie se ateljee gehuur. Die deernis is miskien die video se krag. My aktrisetjie is pragtig. En dan, die verrassing teen die einde,” het hy bygevoeg. 

Dié musiekvideo is ook pas saam met die enkelsnit vrygestel. 

Dis ’n lekker bedrywige tyd vir Steve wat tans besig is met sy Mamba-toer en ook volstoom werk aan sy produksie, Steve Doen Steve. 

Dié produksie bestaan uit ’n massakoor en reuse simfonie-orkes wat saam met Steve, op ’n verhoog van twaalf verdiepings hoog, al sy grootste treffers oor die jare gaan opvoer. 

Steve Doen Steve is die opvolg op Steve Doen Beautiful Noise wat in 2023 duisende konsertgangers op een aand na die Voortrekkermonument gelok het. 

Vanjaar se produksie vind op twee dae, Saterdag, 27 April en Sondag, 28 April, by die Voortrekkermonument plaas met ’n feesatmosfeer wat deur die loop van die dag ervaar kan word.

Kaartjieverkope het reeds geopen en verkoop vinnig – so jy gaan moet wikkel om hierdie magiese ervaring aan die punt van die Voortrekkermonument te ervaar. 

Steve vertel die hoogtepunt van sy loopbaan is die lengte daarvan, vol sale, lang toue en lekker geselsies – en die onthou. 

Maak seker jy gaan voeg Romy nou op jou speellys op alle musiekstromingsdienste. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.