Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Victor Bravo bring hulde aan hul geboorteplek met nuwe enkelsnit

Redaksiespan16 Februarie 2024
FOTO: Gerduan Kemp
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Wanneer jy jonk is, is dit maklik om die bekende agter te laat op soek na nuwe avonture en geleenthede. Maar daar is sekere plekke wat diep onder jou vel inkruip en deel word van jou DNS… waarna jy altyd sal terugverlang. Die Vaaldriehoek is so ’n plek vir die gewilde alternatiewe duo, Victor Bravo, en is ook die inspirasie agter hulle splinternuwe rock-snit.

“Lê My Neer gaan oor die ongevraagde, onverwagde en dikwels onwelkome liefde wat ’n mens het vir die plek waar jy vandaan kom, in ons geval die Vaaldriehoek. Sonder dat jy dit werklik altyd besef, kruip ’n plek, sy mense en maniere diep in jou hart in, ongeag hoe vaal of onaanloklik dit van buite af lyk. Wanneer iets jou dan wegvat, besef jy hoeveel jy dit mis… selfs die dinge waarvan jy gedink het jy hou nie,” vertel Weco van Basten, die groep se hoofsanger en liedjieskrywer.

Luister na ’n voorskou hier: 

“Dit gaan oor my eie diep liefdesverhouding met hierdie plek wat my met swael en yster en sukkel gebreek en gebou het. Dis die plek waar my pa begrawe is, waar ek my vrou ontmoet het, waar ek getroud is, waar ek op skool was, waar ek myself verloor en weer gekry het. Dis ’n plek waar mense partykeer wil bolle rol, maar hulle laaste sny brood met jou sal deel. Hier het ek ’n man geword, ten spyte van my beste pogings om ’n dom kind te bly. Ons almal hier is net mense van die misweer.”

Hy verklap dat hy die liedjie geskryf het op die laaste dag van die praktiese sessie van Skryfnet se liedjieskryfkursus waartydens hy eintlik besig was om aan ’n ander snit te werk. “Deur die loop van die oggend het die woorde en die wysie net in my kop ingewaai en kon ek niks doen om die fokus terug te skuif na die liedjie waaraan ek besig was om te werk nie. Dit was die woorde: ‘As ek eendag dalk myself weer vêr bevind, weggewaai soos ’n saad op die rug van ’n moordwind. As my laaste kruispad in die verte is, sit my in ’n houtkis en lê my neer langs die Vaalrivier’. Toe laat ek maar die stroompie loop waarheen hy wou gaan.”

Volgens Jopie Pienaar, hoofkitaarspeler en mede-Vaaldriehoeker, is hulle nuutste vrystelling baie nader aan die soort musiek wat hulle aanvanklik wou maak. “Ons glo dat ons moontlik ’n nuwe tipe luisteraar gaan lok omdat hierdie lied ’n rock-aanslag het en beslis die tipe musiek is wat ons sou maak as ons groep uit meer as twee lede bestaan het,” sê hy.

Renier Henning was oudergewoonte aan die stuur van sake as vervaardiger, met Janes Blomerus op baskitaar en Vinnie Henrico op dromme.

Lê My Neer is die vyfde radio-vrystelling uit hulle arsenaal van oorspronklike musiek en volg in die suksesvolle voetspore van Solank die liefde bly, wat in 2022 uitgereik is en ’n Melomaan-toekenning ontvang het vir beste duo-enkelsnit.

Suiderkruis (2022), Skemer (2019) en Breakway Line (2018) het elkeen met ’n Afri-Indie-toekenning (beste kontemporêre enkelsnit, beste duo-enkelsnit en beste algehele enkelsnit) weggestap en vir verskeie weke bo-aan treffersparades regoor die land gekuier. 

Victor Bravo het in 2018 hulle debuut in die musiekbedryf gemaak. In die kort tydjie wat hulle amptelik saam musiek maak, het dié musiekpaar (wat ook familie is) reeds talle hoogtepunte bereik, wat verskeie toekennings, twee Kaapse toere en optredes op verskeie groot musiekverhoë – waaronder Aardklop 2019 – insluit. 

Wanneer hy nie op die verhoog is of liedjies vir homself en ander kunstenaars skryf nie, bou en ondersoek Weco data-sisteme by die werk. Hy is reeds van jongs af doenig met musiek, was as kind lid van die Drakensberg Seunskoor en het na skool drama en kreatiewe skryfkuns in Amerika geswot.

Jopie, wat mede-eienaar van CrossFit MTVE in Pretoria is, is net so passievol oor fiksheid en gesondheid as oor musiek. Nadat hy op skool sy eerste rockkonsert bygewoon het, het hy besluit om te begin kitaar speel en het sedertdien die kuns bemeester om sy vingers moeiteloos oor die snare te laat vlieg. Vanjaar beplan hy om meer vaardig te raak in musiekteorie en sy sangvernuf op te skerp.  

Die veelsydige duo wou nog altyd gehad het dat hulle musiek moet wees wat ook al die luisteraar nodig het dit moet wees op daardie spesifieke oomblik wat hulle dit hoor. In 2024 is hulle vasbeslote om hulle eie klank in die bedryf te vestig en hulle eerste Engelse enkelsnit uit te reik.

Lê My Neer is een van daardie liedjies wat aan jou hart gaan knaag en jou gaan laat verlang na die plek waar jy tuis voel.   

“Ek het al verskeie kere weggetrek uit die Vaaldriehoek uit, maar kom altyd weer terug. Daar is ’n tipe magnetisme wat my hier hou – my wortels is, soos ’n wilgerboom s’n, iewers diep gebêre in die oewers van die Vaalrivier,” sluit Weco af.

  • Dit is nou beskikbaar op alle digitale platforms. 
Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.