Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Joshua Na Die Reën, Karlien van Jaarsveld stel musiekvideo vry op die dag van liefde

Redaksiespan14 Februarie 2024
FOTO: Hendri Viljoen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die twee bekroonde sangers en liedjieskrywers, Joshua na die Reën (JNDR) en Karlien van Jaarsveld het op 2 Februarie 2024 hulle liefdes-duet vrygestel wat luisteraars en aanhangers se asems behoorlik weggeslaan het. Beter Vir Ons Albei is ’n hartroerende popliedjie, uit die ateljee van Gideon Botes, wat gaan oor die bakens wat jy vir jouself in die lewe stel, sodat jy kan onthou hoekom jy hier is en wat jy moet doen.  

LEES OOK: Joshua Na Die Reën, Karlien van Jaarsveld snoer kragte vir liefdeslied 

Vir Jacques is dié samewerking ’n groot voorreg omdat hy groot waardering het vir Karlien se menswees, talent en stem, en ook omdat hulle albei die persoon geken het oor wie die liedjie gaan. “Dis nou nie ’n duet wat mense sou verwag het nie, maar ek bewonder iemand wie se uitkyk oor musiek nie net is om vermaak te wees nie, maar iets moois en heilig na die wêreld te bring,” sê hy.

Van Jaarsveld stem heelhartig saam en meen dat sy baie gemaklik gevoel het om saam met JNDR te werk. “Hy kyk anders na die wêreld, sien meer as net dit wat voor hom staan en laat jou toe om net jouself te wees. Hy is ’n diep denker, soos ek, en so musikaal! Definitief een van my heel gunsteling kunstenaars,” voeg sy by.

“Wanneer ek skryf, word die atmosfeer om my gewoonlik tasbaar. Soms is dit lig en ander kere donker. Amper soos wanneer jy na ‘n donderstorm buite in grasvelde loop of in ‘n dik mistigheid staan. Die teenstryd daarvan om te mag skryf en te skep neem my al jare lank op ‘n buitengewone ondekkingsreis van die lewe, en hoe dit werk, en van wie ek as mens is en wie ek wil wees. Hierdie ervarings met die lewe vloei dan uit in die vorm van woorde op papier en melodië wat daarmee vloei soos ‘n rivier. Die vreemde ding is dat baie inspirerende skeppings gebore is uit seer of donker plekke binne die skeppers daarvan. Soms laat die verpakking hiervan dit heel anders oorkom as die oorspronklike gevoel of emosie. Ek weet hierdie klank is dalk nie die tradisionele Joshua na die Reën klank nie, maar om te kon eksperimenteer hiermee was vir my ‘n goeie ervaring, juis omdat my geneigdheid is om altyd die teenoorgestelde rigting te ondersoek. As jy my gaan vra waaroor “Beter vir ons Albei” gaan, gaan dit nie ‘n baie opgewekte gevoel in jou hart los nie, maar ek kan jou belowe dat jy geïnspireerd sal wees wanneer die storie deur jou gedagtes se valleie kleur en lewe kry.” verduidelik Jacques.

Die musiekvideo, wat gebou is rondom ’n aangrypende lewendige optrede, is nou ook beskikbaar. Die musiekvideo is by die Palace of Justice verfilm met sekere gedeeltes wat ook by Pierneefskraal opgeneem is. Die video is vervaardig deur Jaen Kleynhans en Jan Du Plessis as kinematograaf. Buiten vir die twee kunstenaars wat mekaar met gemak op die verhoog aanvul, is slim beligting ook gebruik om die teer emosie van die lied te komplimenteer en die eindproduk hou kykers vasgenael totdat die laaste note wegraak.

Kyk die musiekvideo hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’
GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Francois van Coke, Hunter Kennedy se resep vir ’n braailiedjie

23 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.