Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Murphy stel nuwe luister-kuier enkelsnit bekend 

Redaksiespan13 Februarie 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Kaapse sanger en musikant Murphy  pop-rock dié nuwe jaar behoorlik binne met ’n luister-kuier enkelsnit, Ek soek nogsteeds vir jou, wat gebroke skoolharte, onbevange vriendskappe en liefde wat nooit tot volwassenheid geblom het,  in die fynste besonderhede uitkerf. 

Murphy, wat al langer as drie dekades in die musiekbedryf doenig is, het in 2022  sy eerste enkelsnit, Dans soos ’n kind, uitgereik. Dit was toe een van twaalf liedjies wat hy oor die volgende paar jaar sou uitreik. Nog drie enkelsnitte het kort daarna gevolg.

Murphy het sedert sy toetrede tot die Afrikaanse musiekmark homself onderskei as ’n  sanger wat met gemak tussen die verskillende musiekgenres kan beweeg – iets wat nie baie sangers kan regkry nie. 

Sy snitte  Dans soos ’n kind  en  Ons sal jou nie vergeet  het dieper emosies aangeraak en daarmee het hy ook ’n nuwe genre ontwikkel; droewige-rock.

Net toe ’n mens dink dat Murphy homself nou in die droewige-rock genre gevestig het, reik hy Vellies en Sokkies uit wat ’n loutere sokkieplesier is.

Sy vierde enkelsnit, Ek soek nogsteeds vir jou, verskil ook hemelsbreed van die eerste drie; dit beweeg so tussen pop en rock. Dit is ’n luisterliedjie waarop ’n mens ook in ’n kuierkroeg kan dans.

Die snit vertel die storie van ’n seun wat net nooit vir sy beste vriendin kon vertel dat hy eintlik baie van haar hou nie. 

Die lirieke is bykans kinderlike eerlik…As ek vir jou ’n hartjie teken, weet jy wat dit beteken….maar die lirieke groei  so saam met die seuntjie wat ’n volwassene word en besef dat hy dáárdie hartjie vir haar moes teken, want nou het sy ’n ring aan die vinger.

Murphy het al voorheen verklap dat hy inspirasie vir sy liedjies p uit mense se stories, dinge wat rondom hom gebeur, en soms ook uit rolprente put. 

Hy vertel dat die idee vir die snit uit ’n romantiese komedie gekom het. “Dit gebeur baie in die lewe dat ’n meisie en ’n seun beste vriende op skool is, maar nooit gedink het dat hulle ooit in ’n verhouding met mekaar kon wees nie. Ek het so ’n vriendin op laerskool gehad, maar ons paaie het mettertyd geskei omdat ek toe op iemand anders verlief was. “Aan die einde van die dag het ek nie een van hulle gekry nie.”

Murphy is ’n paar jaar gelede met  karpale tonnelsindroom gediagnoseer is, en kon vir ’n hele paar jaar nie die kitaarsnare pluk nie. Dié sindroom was soos ’n nagmerrie waarin hy daagliks vasgevang was; die simptome sluit onder meer pyn en gevoelloosheid in die duim, wysvinger, middelvinger en halwe ringvinger in. 

Díé sindroom (en die nare ou Murphy – sy naamgenoot – se wet wat bepaal dat as iets moet verkeerd gaan, dit sal verkeerd gaan) het egter nie in sy musiekpad gestaan nie, en  sy eerste drie snitte is uitstekende deur die publiek en plaaslike radiostasies ontvang.

Met Ek soek nogsteeds vir jou  het sy pen  iets anders in die musiekbedryf losgekarring; ’n snit waana mens kan luister, maar wat ook jou voete aan die beweeg gaan kry.

Sy raad aan skaamverliefdes: “ Vat net ’n kans. Jou beste vriend of vriendin is dalk net jou sielsgenoot. As jy nie nou die spreekwoordelike bul by die horings pak nie, sal jy dalk die res van jou lewe wonder oor dáárdie persoon wat weggeglip het.”  

Murphy het die afgelope paar jaar vir hom ’n sterk luistermark oopgesing en sy ondersteuners geniet veral sy dreunende tenoorstem wat pasknap vir die lirieke is. 

Ek soek nogsteeds vir jou  is deur Darryl de Lange (’n voormalige lid van Mean Mr. Mustard) van Musicology Studios opgeneem en vervaardig.  

Luister na die snit hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’
Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’
Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer
Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Posduif en Richann Brüssow span kragte saam vir ‘Maklik In Die Moeilikheid’

4 September 2026

Schwabie vind hoop en berusting met nuwe enkelsnit ‘Vrede’

4 September 2026

Snotkop en Ricus Nel kroon die ‘Koelboks Koning’ met nuwe treffer

4 September 2026

Francois van Coke en Zaan Sonnekus vier die ‘lewe’ met nuwe enkelsnit

28 Augustus 2026

Irene-Louise van Wyk en Early B laat die somer vroeg begin met ‘Biri Boem Boem’

28 Augustus 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.