Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Delmarie ‘sprei haar vlerke’ met nuwe enkelsnit

Redaksiespan13 Februarie 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die sangeres Delmarie se jongste enkelsnit, Sprei jou vlerke, is ’n metafoor vir die  mitologiese Phoenix wat weer uit sy eie as gebore word. 

Dié snit handel oor hoe om op te staan en weer oor te begin…

“Geen struikelblok is te groot om te oorkom nie, daar is altyd hoop,” vertel sy. 

Delmarie het al as kind haar toetrede tot die Suid-Afrikaanse verhoë gemaak; haar pa het as musikant vir verskeie orkeste opgetree, en Nelmarie het gereeld haar verhoogdebuut as sangeres gemaak. 

“Ek het letterlik op die verhoë en daaragter grootgeword, spot sy.

Delmarie beskryf haarself as sprankelend, talentvol, lojaal en liefdevol. “Ek sing ook al so lank as wat ek kan onthou.”

“Toe ek klein was het ek op alles wat hoogte gehad het geklim en met enigiets wat moontlik ’n mikrofoon kon voorstel in die hand kliphard gesing.’’

“Ek het my ouers en sibbe seker tot raserny gedryf,  maar ook oneindige vermaak verskaf.’’  

As jong volwassenes het sy twee Afrikaans enkelsnitte, Gee my ’n ster en Duisend keer uitgereik wat goed deur plaaslike en nasionale radiostasies ontvang is.

Sprei jou vlerke handel oor selfliefde, oor hoop wat wel bestaan hoewel jy net daarna moet soek. 

Delmarie, wat ook die snit neergepen het, beskryf die snit as ’n “hartroerende liedjie wat ook ’n boodskap van hoop bring,”

“Daar is soveel mense daar buite wat ongelooflike hartseer en swaarkry beleef. 

“Ek glo ons is almal daar om mekaar tye van nood en hartseer by te staan, mekaar op te lig en die stryd saam aan pak,“ vertel die ma van twee kinders.

Dit is waarom Sprei jou vlerke ook ’n dieper betekenis het; daar is steeds mense wat vir jou omgee.

Delmarie is ’n veelsydige kunstenaar wat met gemak tussen die verskillende genres kan beweeg. Sy is ook nie bang vir enige musikale uitdagings nie.

Haar lewensmoto is leef en laat leef  en dit is ook ’n leuse wat weerklank vind in Sprei jou vlerke wat dit ten doel stel om hoop vir almal te bring.

Delmarie se musiek sal nog vir lank nie uitgedoof word nie. Met haar eerlike, opregte en afgeronde musiek en lirieke sal sy aanhou om aanhangers van alle ouderdomme en agtergronde nader te trek.

Nico Benade van Exclamation Studios het die tegniese versorging van die snit gedoen.  

Luister na die snit hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.