Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Candy Benson skop die jaar af met ’n pop-opskop-enkelsnit

Redaksiespan13 Februarie 2024
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die sangeres Candy warrel die nuwe jaar binne met haar jongste pop-opskop-enkelsnit, Hier en nou, wat beloof om Suid-Afrikaners se voete op die dansbaan te laat skoffel.

Dié enkelsnit is weer ’n bewys van haar reusetalent waar sy nie binne die tradisionele grense van dié pop-genre beweeg nie, maar vernuwing bring in die styl, ritme en aanslag van dié genre. 

Haar suiwer stem – gelukkig het Covid-19 nie die kwaliteit daarvan vergruis nie – kan met gemak tussen die laer en hoër C-note trippel. En dié kwaliteit maak van die snit pure luisterplesier…

Candy het in haar vorige enkelsnitte, 7 Dae in die Somer en Hy sal jou dra haar stryd teen die Covid-19 virus, die pyn van verlore liefde en die dood van ’n geliefde goed verwoord. Hoewel sy nie ’n gospelsangeres is nie, word temas van God se liefde en genade sterk in al haar liedjies verteenwoordig.

Toe tref sy die mark met ’n liefdespopliedjie, Net oor jou, wat die storie van haar eie liefdespad tydens die pandemie vertel.

Dit is asof sy nou met Hier en nou in ’n meer positiewe rigting beweeg  – die liedjie is op-en-wakker en fokus nie op die pyn van die verlede nie, maar op ’n nuwe begin. 

Candy vertel dat Hier en nou oor die liefde en passie tussen twee mense gaan. “Liefdesgebare is baie belangrik in ’n verhouding en die snit fokus op hoe die persoon jou laat voel wanneer hulle na jou kyk, jou aanraak; die warmte van hul liefde met jou deel.”  

Hier en nou se tema breek ook die mure van ’n verloopte liefdesverhouding af; daar is weer liefde na die seerky en ’n mens kan stelselmatig weer jou hart vir die liefde oopmaak.

Jy kan dus ’n persoon nog ’n kans gee om die vreugdes en pyn van menswees met jou te deel.  

Die snit was ’n skryfspanpoging deur die liriekskrywers en sangers Eugene Vos, Riaan Benade en Shimonay Claasen.

Die eindproduk is pasknap vir Candy se stem.

Dié boodskap wat Candy aan die luisteraars wil oordra is dat almal soms seerkry, maar dat daar altyd ’n tweede kans op geluk is. 

Hier en nou is wel ’n lekker dansliedjie, maar dit dra ook ’n postiewe boodskap aan luisteraars oor. Dit is ook wat Candy met haar musiek wil bereik. 

Candy is dié jaar al bykans drie dekades in die musiekbedryf doenig en sy het een van die bekendste sangeres  in ons land geword. Sy was net drie jaar oud toe sy vir die eerste keer haar mondjie oopgemaak en begin sing het. ’n Youtube-video waarop sy, as kleuter, I will always love you, sing het al verskeie unieke trefslae gekry.

Candy het nie die afgelope paar maande, sedert haar laaste enkelsnit uitgereik is,  stil gesit nie. Sy sing weer die verhoë regoor die land aan die brand, en sy is ook besig om ’n boek oor haar reis met Covid-19 te skryf. 

Hier en nou is ’n prettige dansliedjie wat jou voete gaan laat jeuk, maar jou ook dieper laat dink oor wat ’n verhouding werklik beteken.   

Luister na die snit hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte
Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’
Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’
Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Ruhan du Toit sing oor die geloof van ’n boer in droogte

9 Oktober 2026

Winter Hotel nooi luisteraars in uit die koue met debuut-ep ‘Winter’

2 Oktober 2026

Roux Cloete blaas nuwe lewe in ou herinneringe met ‘ZIPPO’

2 Oktober 2026

Corlea klim hoër met nuwe enkelsnit ‘Trappe’

2 Oktober 2026

GSTRiNG ‘sweef’ met hul hardste snit nóg

25 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.