Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Augusta Zietsman druk eie stempel af met haar musiek

Redaksiespan5 Julie 2023
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die jong aktrise en talentvolle musikant Augusta Zietsman verruil vir eers die opgewekte klanke van die treffers waarmee sy verlede jaar gedebuteer het vir vier meer sielvolle snitte op ʼn splinternuwe kortalbum (EP) getiteld Breekgoed.

Breekgoed bevat vyf snitte getiteld Onderkant die berg, Probeer, Ontydig, Horison en Soet Smag. 

Kyk die musiekvideo vir Onderkant die berg hier:

Augusta beskryf Breekgoed as ʼn album wat in essensie die storie vertel van die verbrokkeling van ʼn  verhouding en die illusie van verlief wees.

Kyk die musiekvideo vir Ontydig hier:

Dit is vir die kunstenaar belangrik om haar eie stempel op haar musiek te sit. “As aktrise het ʼn mens gewoonlik nie baie sê oor die kreatiewe rigting van ’n projek nie en dus wou ek met die musiek ’n kreatiewe stem hê,” sê Augusta.

“Ek het die meeste van die liedjies geskryf in my vroeë twintigs – ʼn tyd van groot ontnugtering,” sê Augusta, wat al vier die liedjies self geskryf het. Wesley West het die album vervaardig.

“Musiek laat my toe om te sê hoe ek regtig voel oor goed. As ek voor die klavier sit en skryf kom al die opgehoopte gedagtes na vore en so doende kan ek daarmee vrede maak en aangaan.”

Die sangeres en liedjieskrywer, wat voorheen liedjies soos Baljaar, Lekker hou en Goeie nuus uitgereik het, sê sy neem nie die gehoor in ag gedurende die kreatiewe proses nie, maar hoop tog luisteraars vind aanklank by die boodskap van die musiek.

“Ek probeer om nooit die gehoor in ag te neem terwyl ek besig is om musiek te skryf nie. Nie omdat ek glad nie omgee nie, maar dis belangrik vir my dat ek daarvan hou en dit wil luister. ʼn Mens kan vinnig vasgevang raak in jou kuns as jy te veel omgee wat ander mense daarvan dink.”

Breekgoed is ʼn versameling van elektroniese en akoestiese klanke. Soet Smag is geskryf in repliek tot die Afrikaanse gedig, Ballade van die Nagtelike Ure deur N.P. van Wyk Louw en vang die gebeure vas soos vanuit die vroueperspektief onthou.

Die aktrise en haar verloofde, Regardt Visser, pak saam die produksie van die musiekvideo’s aan. “Die video’s is ’n ruimte waar ʼn mens regtig kan speel. Die anything goes model is heerlik en leen homself tot kreatiewe eksperimente. Regardt is die visuele brein agter alles wat ek aanpak.”

Breekgoed is op 23 Junie 2023 uitgereik en is op alle groot digitale platforms beskikbaar.

Meer oor die kunstenaar:

Augusta Zietsman (28) is in Bloemfontein gebore en het haar kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat en in die Kalahari-dorp, Kathu, deurgebring.

Sy het in ’n musikale huis groot geword. Haar ma het haar kleintyd reeds klavier speel en haar boeties het altyd in orkeste opgetree.

Sy het haar eerste liedjie op die ouderdom van 10 geskryf en dit by die talentkompetisie uitgevoer. Daar het haar liefde vir liedjieskryf begin.

Sy het haar hoërskoolloopbaan aan Eunice Girls High School voltooi en ʼn graad in BA Drama Teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.

Ná haar studies het sy Johannesburg toe getrek, waar sy haar loopbaan as skrywer, aktrise en musikant afgeskop het.

Augusta is ʼn nuweling tot die vermaakbedryf en het eers as aktrise naam gemaak in die TV-rol van Suna in Die dinge van ’n kind, en daarna het sy in die Netflix-reeks Blood and Water verskyn.

Haar eerste enkelsnit, Baljaar, is in 2022 uitgereik en sy het in 2023 haar eerste professionele lewendige optrede saam met die musiekgroepe Die Heuwels Fantasties en Spoegwolf gedoen.

Sy verskyn ook vanjaar in drie vollengte flieks waarvan die name nog nie bekend is nie.

Augusta tel musikante soos Koos du Plessis, Billy Holiday en Bob Dylan as haar inspirasies en sê op eie bodem sal sy graag saam met die musiekduo Van Pletzen wil werk.

Breekgoed is haar eerste kortalbum wat nou op Spotify en Apple Music beskikbaar is. 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.