Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Deon Groot sing vir ‘die een’ in sy lewe

Redaksiespan19 April 2023
FOTO: Kaalvoet
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sommige mense reken wanneer jy deur ander geliefd is, gee dit vir jou krag, maar om ’n ander persoon innig lief te hê, vereis waagmoed. In Deon Groot se nuwe lied, Die Een is hierdie emosie die sentrale fokuspunt. Die Een is ’n dringende boodskap wat Deon aan daardie een persoon in sy lewe moet oordra.

Deon het dié lied aan sy verloofde geskryf. Daarin ondersoek hy die verskil wat Die Een persoon in jou lewe kan bring. Die teer lirieke kry nuwe betekenis met die goeddeurdagte kontras tussen die persoon se afwesigheid en teenwoordigheid.

Wat die lied verder uitsonder, is Deon se vertolking. Sy volwassenheid as kunstenaar staan op die voorgrond en met sy stembeheer skep hy ’n oortuigende dringendheid wat ongewoon is in moderne popmusiek. Deon beskryf die lied as een wat hy “vanuit die bors” sing.

Elkeen wat na die lied luister, kan Die Een vervang met die naam van daardie een geliefde persoon in sy/haar lewe. ’n Lofsang vir elke beminde.

Die Een is deur Jake Odendaal vervaardig. Die lied se verwerking ondersteun die tema se dringendheid. Die lied se sagte poprockklanke maak dit geskik vir talle geleenthede, speellyste en radiostasies. Dit is ’n liefdeslied met diep betekenis.

Deon het die musiekwêreld in 2017 betreë en sedertdien reeds groot naam vir homself gemaak.  Die talle eerbewyse wat reeds aan hom toegeken is, is ’n bevestiging hiervan. Behalwe vir sy meer as eenmiljoen kyke op YouTube, is sy musiek ook met Platinum status vereer vir sy lied Wyn, Goue status vir Bietjie Liedjie en talle Bokkie-benoemings (onder andere Beste sanger, Beste lied en Beste album deur ’n plaaslike kunstenaar).

Deon is ’n boorling van Omaruru in Namibië en verduidelik dat hy die meeste van sy kinderjare op klein dorpies deurgebring het. Dis juis hier waar sy grootste dryf vir sy musiek ontstaan het: “Ons wil vir mense van klein dorpies en klein beginne bewys dat jou arbeid jou tot groter dinge sal lei,” verduidelik hy.

Aanhangers kan verder uitsien na Die Een se musiekvideo. Die vervaardiging is behartig deur Quintin van quintessential.photo.video en dit is verfilm in die pragtige natuurskoon van Nelspruit wat die visier instel op die groep se liefde vir dit wat hulle doen.

As jy vir Deon vra wat vir hom die grootste vreugde deur die hele proses bring, is sy antwoord: “Om nuwe musiek uit te bring is reeds genoeg, maar om musiek te skep wat jy WIL skep, maak dit soveel meer.”

Luister na Die Een op alle digitale platforms, radiostasies regoor Suid-Afrika en ook op YouTube, kykNET en ander TV-Kanale.

Die Een is die liefdeslied waarvoor talle Suid-Afrikaners gewag het. Luister dit hier.

Kyk die video hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.