Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Almarie du Preez se nuwe liedjie beklemtoon die krag van ‘hier en nou in benoude tye’

Redaksiespan27 Februarie 2023
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Asem uit die pen van musikant en liedjieskrywer Almarie du Preez vertel van die krag wat opgesluit lê in die bewuswording van die “hier en nou” in benoude tye van swaarkry.

“Ons leef in ’n gebroke wêreld gevul met uitdagende en onvoorspelbare omstandighede waarvan geeneen gevrywaar is nie. Of dit nou ’n onverwagse aardbewing is wat hartverskeurende verwoesting saai, of die skielike afsterwe van ’n geliefde wat ’n gemeenskap tot stilstand ruk, of persoonlike omstandighede wat kommer veroorsaak, ons almal ken die gevoel van hard val, opstaan en weer probeer.”

LUISTER HIER NA ASEM

“Ons sê dikwels vir mekaar ‘haal net asem’ wanneer iemand gespanne voel. Tog is asemhaling dikwels nie iets waarop ons fokus totdat ons ’n tekort daaraan beleef nie. Dis waarom ek stap in die natuur koester, waar elke asemteug hoorbaar word en my herinner aan die lewe as geskenk uit God se hand. Dit skep by my ’n diep bewuswording van God se genade in die hier en nou. Ons gedagtes hardloop so dikwels na die onbekende toekoms of die verlede wat reeds deur die uurglas geval het. En wanneer die druk van uitdagings vir jou grens aan die hel, gryp ons dikwels  na vleeslike ontvlugting wat ons tydelike laat vergeet. En tog is daar soveel vrede in die hier en die nou as ons onsself toelaat om dit te beleef.”

“My wens vir jou. Mag jy in oomblikke van pyn en ook van blydskap, die waarde van die hier en die nou beleef. Mag jy moed skep om weer te probeer en liefde vir ander wees.”

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.