Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Afrikaans Oppi Platteland keer in 2027 terug na Pretoria vir ’n tweede keer

    28 Oktober 2026

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Band or Bust-wenners se eerste Afrikaanse liedjie bekendgestel

Redaksiespan4 Julie 2022
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Dawid van Niekerk

Die folk-rockgroep Van Der Aven (Roelof van der Merwe, Theunis van der Merwe en Paul Avenant) is een van die mees opwindende nuwe musiekgroepe in die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Alhoewel hulle al ’n hele rukkie saam optree (voorheen BrotherBrother) het Van Der Aven in Maart 2020 die kollig begin steel, toe hulle die gewilde musiekplatform Texx and the City se “Band Or Bust” kompetisie by die Toyota Woordfees gewen het.

Dié gesogte kompetisie het meer as 250 inskrywings gehad waarvan vyf finaliste in die finale rondte moes meeding. Van Der Aven het die beoordelaars Theo Crous, Karen Zoid, Wynand Myburgh and Tecla Ciolfi van Texx and the City so beïndruk, dat hulle eenparig op hulle as die wengroep besluit het. Ciofli sê dat sy toe sy na hul inskrywings-lied geluister het, dadelik geweet het dat daar iets baie spesiaal aan hierdie groep is. “Hierdie ouens het die vermoë om op ’n suiwer emosionele vlak met hul gehoor te kommunikeer en ’n mens ligter te laat voel na die afloop van hul vertonings,” het sy gesê.

“Wat hierdie groep so besonders maak, is die drie-deel-harmonieë waarmee hulle werk. Ons het nog nie so iets in Suid- Afrikaanse musiek nie. Dit maak hulle klank heeltemal uniek,” het Theo Crous bygevoeg. 

Heimwee is Van der Aven se eerste Afrikaanse enkelsnit. Die lirieke is vanaf ’n oorspronklike gedig deur die Afrikaanse skrywer en digter JRL van Bruggen. Hy het hierdie besonderse gedig geskryf tydens sy studies in Nederland toe hy terugverlang het na die wye vlaktes van Suid-Afrika.

Roelof het op die woorde van Heimwee afgekom toe hy tydens die eerste maand van die grendeltydperk in Suid-Afrika in 2020, via Google na die Afrikaanse woord vir homesick gesoek het. Hy was alleen in ’n klein woonstel in Stellenbosch en het verlang na die ooptes van sy tuiste in die Karoo. Hy het dadelik by die gedig aanklank gevind en was geïnspireerd om sy eie musiek daarvoor te skryf.

Vir twee jaar na “Band Or Bust” was daar ’n wag-periode en toe die grendeltydperk in 2022 uiteindelik verby is, het Van Der Aven besluit om hul EP wat in Augustus vanjaar uitgereik word, by Jürgen von Wechmar by Sunset Studios in Stellenbosch op te neem. Heimwee is die eerste enkelsnit vanaf hierdie kort nuwe album.

’n Klassieke weergawe van Heimwee was oorspronklik deur Mimi Coertse opgeneem. Van Der Aven se weergawe van die liedjie was op Vrydag 10 Junie uitgereik en hulle het eers onlangs verneem dat Mimi Coertse op 12 Junie 90 jaar oud word. “Dit is ongelooflik hoe hierdie dinge uitwerk. Ons het groot respek vir haar en wat haar musiek vir die skatkis van Afrikaans beteken. Ons hoop sy het ’n wonderlike verjaardag!” sê Roelof.

Nog ’n sielvolle weergawe van Heimwee was deur Coenie de Villiers in samewerking met Jan Blohm en Mauritz Lotz op sy album Hart van Glas uitgereik. Coenie het die groep laat weet dat hy baie hou van wat hulle met die liedjie gedoen het: “Dit is ’n fantastiese weergawe. Ek hou veral van die gatskop instrumentale brug. Welgedaan julle!”

  • Stroom Heimwee hier.

Luister na Heimwee hier: 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’
Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album
JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’
ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Irene-Louise van Wyk is terug met haar partytjieliedjie ‘Domino’s’

8 November 2026

Zaan Sonnekus begin ’n nuwe hoofstuk met langverwagte album

30 Oktober 2026

JACOBUS gee sy gedagtes ’n stem met ‘Skree Vir Jou’

30 Oktober 2026

ONS verf hul wêreld rooi met splinternuwe danssnit, ‘Heupe’

30 Oktober 2026

Danny Smoke skop die somer af met ‘Dans Met My’

30 Oktober 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.